EER AAN GOD...
  Elria van Potch, 082 521 8093, skryf:

Voor 'n interkerklike vrouekamp het die Here aan ons 'n droom en 'n gesig gegee. Die droom was van 'n klomp dames bymekaar vir 'n bruilofsgeleentheid. Daar was egter nie 'n bruid of bruidegom nie. Iemand vra toe waar die bruid is en al die dames steek hul hande op en sê gelyk: "Ons is die bruid!" Toe word hulle bedien met 'n bord met verskillende broodjies, deur "Iemand" wat nie sigbaar was nie. So het ons op die kamp beleef dat Jesus Sy bruid met die Woord bedien het. Die gesig was van 'n vrou wat geboorte geskenk het met die naelstring om die baba se nek. Die Here het die naelstring laat afval. By die kamp was daar 'n jong meisie wat tot bekering gekom het en van alle bindinge losgekom het.
Sommige vroue het opnuut 'n oorgawe aan die Here gemaak. Ander het mense vergewe en hul bitterheid begrawe. Nog ander het die doop in die Heilige Gees ontvang.
Die Here se wonderlike Teenwoordigheid het die spreekster, beraders, en toehoorders verkwik en geseën. Al die vrouens wil God eer en loof vir Sy Teenwoordigheid en guns!

Indeks     Index