DIE SKOONHEID VAN CHRISTUS
  Etlike jare gelede het ek na die oewer van die Severnrivier gegaan om 'n jong vrou te besoek wat besig was om aan tering te sterf. Sy het in 'n tweeslaapkamer-huisie gebly. Die rivier was in vloed en toe ek die huisie bereik, was dit omring deur water.
Toe ek die deur oopstoot, was die kombuis kniediep in die water. Die sterwende dame het in die boonste verdieping gebly. 'n Arm vrou het elke dag vir 'n uur lank ingekom om haar te help. Ek het die lendelam trap na bo uitgeklim met die gevoel dat al my vermoëns om op te beur, benodig sou word en ek het gewonder hoe ek haar die beste sou kon vertroos.
Ek hoef my nie daaroor te bekommer het nie, want toe ek na die bed kyk, het sy met vrolike oë na my gekyk.
Sonder inleiding of groet het sy met haar hemelse oë na my gekyk en gesê: "Hy is die Skoonste van tienduisend!"
Ek het gevoel dat ek in die teenwoordigheid van een van God se heilige priesters is. Dit is toe ék wat opgebeur is.
Sy was nie in daardie vloed-geteisterde huisie nie; sy was ver weg by haar Here, besig om lofliedere oor Sy skoonheid te sing!
[A.T. Schofield, Die Groot Boek van Illustrasies van die Lewe vir die Lewe, Solly Ozrovech, CUM, 2006].

Indeks     Index