SONDE VRA 'N VASTRAPPLEK | |
  |
‘n Arabier het in sy tent gesit, beskut teen die woestynkoue. Sy kameel aan die buitekant het die bitter koue gevoel en sy meester gevra of hy nie maar net sy neus en kop in die tent kon insteek nie. Die meester het op sy gewone knorrige manier ingestem. Toe praat die kameel weer met sy meester en sê: "My neus is warm, maar my skouers is baie koud. Kan ek nie asseblief net my skouers en voorpote in die tent sit nie?" het hy gepleit. Die Arabier het ‘n oomblik gehui-wer en toe ja gesê. Weer het die kameel by sy meester gepleit om sy boggel en deel van sy lyf in die tent te kry, want terwyl een deel van sy liggaam heerlik warm was, het die res van sy liggaam gebibber van die koue. Teësinnig het die meester inge-stem. Teen hierdie tyd was die kameel byna heeltemal in die tent en toe soebat hy om sy agterbene en agterlyf ook in die tent in te bring. Toe die meester hiertoe instem, het die kameel heeltemal in die tent gestaan. Die kameel het rondgekyk en vir sy meester gesê, "Hierdie tent is heeltemal te klein vir ons albei. Ek dink jy moet gaan!" Wees baie versigtig om aan sonde ‘n vastrapplek in jou lewe te gee! |