'N BAIE GROOT GESKENK... | |
  |
Twee baie vuil dorpenaars het eendag na my huis toe gekom om ‘n Bybel te koop. Hulle het ‘n hele winter lank bevrore grond omgeskoffel met die hoop dat hulle genoeg geld sou verdien om ‘n ou, verslete Bybel te koop om na hulle dorpie toe terug te neem. Omdat ek Bybels van Amerika af gekry het, kon ek vir hulle ‘n nuwe Bybel in plaas van ‘n verslete een gee. Hulle kon hulle oë nie glo nie! Hulle wou my betaal met die geld wat hulle verdien het, maar ek het geweier om dit te vat. Hulle is haastig met die Bybel daar weg... ‘n Paar dae later het ek ‘n brief vol ekstatiese vreugde ontvang om my vir die Bybel te bedank. Dit was deur 30 dorpenaars onderteken. Hulle het die Bybel versigtig in 30 dele opgesny en die dele onder mekaar uitgeruil. Richard Wurmbrand Stigter van "The Voice of the Martyrs" (Was 14 jaar in ‘n Kommunistiese tronk in Roemenië). |