DIE BELANGRIKSTE VIER DINGE WAT GOD WIL Hê HY MOET WEET... |
|
  |
1. DIT IS LEWENS-NOODSAAKLIK OM GERED TE WORD
"Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God" (Romeine 3:23)."Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop" (Jesaja 53:6a). "'n Mens is bestem om een maal te sterf, en daarna kom die oordeel" (Hebreërs 9:27). "Want die loon van die sonde is die dood..." (Romeine 6:23a). "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie" (Joh. 3:3). "Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees" (Johannes 3:6). 2. 'N MENS KAN HOMSELF NIE RED NIE!
"Daar is 'n weg (lewenswyse) wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood" (Spreuke 14:12)."Die mens word nie geregverdig uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus" (Galásiërs 2:16). "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie" (Efésiërs 2:8-9). "Jesus antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behal-we deur My nie" (Johannes 14:6). "Die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waar-deur ons gered moet word nie" (Handelinge 4:12). 3. GOD HET VIR JOU REDDING VOORSIENING GEMAAK
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Johannes 3:16)."Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het" (1 Thessalonicense 5:9, 10a). "Die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neer-kom" (Jesaja 53:6b). "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Reg-verdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring" (1 Petrus 3:18a). "...die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here" (Romeine 6:23b). 4. DIE HERE JESUS CHRISTUS KAN JOU RED EN BEWAAR
"Hy kan ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree" (Hebreërs 7:25)."Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid" (Judas 1:24-25). "Want deurdat Hy Self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word" (Hebreërs 2:18). "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword" (2 Korin-thiërs 5:17). DAAROM MOET ELKE MENS... 1. HOM BEKEER...
"God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer" (Handelinge 17:30).2. GLO...
"Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin" (Handelinge 16:31).3. JOU SONDES VOOR GOD BELY...
"As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig" (1 Johannes 1:9).4. JESUS CHRISTUS VOOR ALLE MENSE BELY...
"As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding" (Romeine 10:9-10). |