DIE BETEKENIS VAN DIE GOEIE NUUS KOERANT IN MY LEWE |
  |
My pad het 20 jaar gelede met die Goeie Nuus Koerant gekruis toe ek 'n advertensie van my boek: "Deur Water en Vuur na Oorvloed" wou plaas. Nooit sou ek daardie dag kon droom dat my lewe onherroeplik sou verander nie, want mettertyd het ek ervaar hoe my lewe sin en betekenis gekry het deur die invloed wat hierdie Koerant in my lewe sou uitoefen. Ek vertel graag my verhaal vir julle sodat julle ook die wonder in julle lewens kan ervaar. Soos dit met die meeste mense gaan, was my lewe baie bedrywig. Maar op 'n dag, lees ek in die Goeie Nuus Jesus se laaste opdrag aan Sy dissipels - Matteus 28:19, 20: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." |
![]() |
  |
Dit ruk aan my hart, want die opdrag is aan my en al Jesus se dissipels gegee, oor die hele wêreld deur al die eeue heen. Die woorde van die Hallelujalied draai in my kop: "Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet? Nie een siel gelei na Jesus, niks te offer aan sy voet?" Ek voel so skuldig en bid: "Here, ek voel so klein en onbekwaam maar ek staan op U belofte dat U my gewillig en bekwaam sal maak om U wil uit te voer." (Fil. 2:13). Vir 'n geruime tyd voel dit vir my of ek geen antwoord kry nie. Maar die Here verras 'n mens altyd! Toe ek op 'n dag my weer verlustig in die Goeie Nuus, gee Hy my Sy antwoord: "Versterk die arms van die gesin wat My Goeie Nuus versprei! So word jy gehoorsaam aan My opdrag om die Evangelie uit te dra!" Die blydskap en vrede van God het my hele wese gevul! "Dankie, dankie, Here! Vir U antwoord op my gebede! Nou het ek die wonderlike voorreg om deel te wees van U groot plan van redding vir die wêreld!" Deur die Koerant ontvang ons Woordverkondiging en getuienisse van God se reddingsdade. Die Woord van God is lewend en kragtig (Heb. 4:12). Dit sal nie onverrigter sake na Hom terugkeer nie, maar doen wat Hy wil hê, en tot stand bring waarvoor Hy dit gestuur het (Jes. 55:11). Die inspirerende getuienisse van God se getrouheid en genade in mense se lewens laat my besef dat dit nog dieselfde God is wat Lasarus uit die dood opgewek het. JESUS LEEF! Waarlik, Hy leef hier tussen en in ons! Hy werk steeds in ons elkeen se lewens tot ons beswil! Dit versterk my geloof en vul my met nuwe hoop om te volhard in gebed vir die redding van siele. Ek is 'n vurige en getroue voorbidder en ondersteuner van Goeie Nuus. Elke maand kry ek 'n paar ekstra eksemplare om te versprei. Maar voor ek dit uitdeel, bid ek dat die Gees mense se harte ontvanklik sal maak vir die boodskappe in die Koerant. Ek en my kleinkinders deel dit uit vir tuinwerkers, by taxi-staanplekke en ook as ek met vakansie gaan. Almal ontvang dit met vreugde, want alle mense is tog bly oor Goeie Nuus! Daarby is daar iets in elkeen se eie taal: Afrikaans, Engels en Tswana! Talle mense se lewens is al deur Goeie Nuus aangeraak en het sodoende by die kruis uitgekom. Wat ? vreugde is daar in die hemel oor een sondaar wat tot bekering kom en ons almal kan deel wees van die dissipels wat die Goeie Nuus versprei! Die Goeie Nuus het die vuurproef van die tyd deurstaan want in die 21 jaar van sy bestaan, het dit van krag tot krag gegroei, sodat die afsetgebied van die aanvanklike een dorp uitgebrei het na 25 dorpe, met 'n oplaag van 50 000 per maand en 'n beraamde 200 000 lesers! Met u ondersteuning kan dit nog verder uitbrei! Soos Hand. 5:39 sê: As dit van God af kom kan niemand dit keer nie! Waarlik, die Goeie Nuus Koerant kom van God af en niemand sal dit kan keer nie!! Alle eer aan God die Heer! Vir 21 jaar ontvang u elke maand die Goeie Nuus gratis. Sal u dit oorweeg om daadwerklik die Koerant te ondersteun deur gebed, maar ook finansieel, want die koste daaraan verbonde is tussen R50 000 - R60 000 per maand. Elke maand moet die bedrag biddend ingesamel word deur advertensies en bydraes van lesers soos u. Alle bydraes gaan uitsluitlik vir die Koerant en niemand trek persoonlike voordeel daar uit nie. Ons land is "aan die brand" maar God regeer! "Nie met mag en krag sal jy oorwin nie, maar deur My Gees" (Sag. 4:6). Daarom het die Bediening van Goeie Nuus 'n geweldige groot taak om 'n baken van lig te wees en God se Woord suiwer en kragtig te verkondig. Dit moet soveel mense as wat moontlik is, bereik met die boodskap van Jesus se reddende genade en vrede... Wees gehoorsaam aan Jesus se opdrag! Word Sy medewerker en ondersteun Goeie Nuus daadwerklik deur gebed en bydraes. So ontvang u 'n skat! 'n Ewige skat in die hemel waar geen mot of roes of vuur dit kan vernietig nie! Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees (Matt. 6 :21,22). - Amanda Lotz (082 772 6559) |
ONDERSTEUN "GOEIE NUUS" ASSEBLIEF |   |
Goeie Nuus / Good News is 'n nie-winsgewende, onafhanklike gesinsbediening wat aan geen Kerkgenootskap of spesifieke gemeente gekoppel is nie. Ons poog om alle ware gelowiges, ongeag Kerkverband, te bedien en ook om die Blye Boodskap aan almal wat dit nog nie gehoor of hulle eie gemaak het nie, oor te dra. Die Koerant se gratis verspreiding word moontlik gemaak deur advertensies en blymoedige gewers wat gehoorsaam is aan die Stem van God. Ons glo dat die Here elkeen sal beloon wat daartoe meehelp dat hierdie Koerant maandeliks aan ongeveer 200 000 lesers beskikbaar gestel kan word. Hy, die goeie Gewer, se seëninge en barmhartighede is elke dag nuut en ons bede is dat u elkeen dit daagliks sal ondervind! Die tyd, die arbeiders, en hulpbronne is egter min en daar is nog soveel mense wat gehelp moet word! Soos die Macedoniese roepstem, is daar verskeie versoeke vir die verspreiding van die Goeie Nuus / Good News na talle omliggende dorpe. In 'n wêreld van morele skemerte is mense honger na ware geestelike voedsel en ons wil graag nog baie dorpe bereik met die waarheid van God se ewige Woord. Praat die Here nie dalk NOU, op hierdie oomblik, met u om deel te word van hierdie Bediening en om op 'n praktiese manier God se Koninkryk te bevorder en mense se lewens te verryk nie? Indien wel, sal dit wonderlik wees as u daagliks in gebed vir ons intree, en ook bereid sal wees om maandeliks 'n geringe bedrag t.o.v. verdere uitbreiding te bewillig. Vul dan asb. die vorm op die DONASIES-bladsy hieronder in. (U kan dit uitdruk en pos aan Goeie Nuus, Posbus 1957, Potchefstroom, 2520) (L.w.: Indien nodig, moet "pop-up windows" toegelaat word, as dit dalk geblokkeer word). Ons sal aan elke persoon wat vir ons 'n debietorder stuur, ons boek oor die Eindtyd, "5 VOOR MIDDERNAG?", skenk om vir u dankie te sê dat u in God se Koninkryk belê. U kan ons ook ondersteun deur soms 'n bedrag in ons bankrekening in te betaal. Die besonderhede is soos volg: Goeie Nuus, Nedbank, Potchefstroom, Tjekrekeningno. 1713 336 251, Takkode 171-338. Ons weet dat Hy u sal seën vir u bereidwilligheid om die Evangelie verder te stuur sodat meer en meer siele bereik kan word en hulle lewens radikaal kan verander! "Ons bid dat Christus deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon, en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle Sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God." (Efesiërs 3:16-19 NV). |
![]() |
|
  | Druk (L.w.: Indien nodig, moet "pop-up windows" toegelaat word, as dit dalk geblokkeer word). |