DANKBAARHEID



 
Ek wonder of dankbaarheid ten minste 'n gedeeltelike oplossing kan wees vir hebsug en woede. Woede en hebsug lei ons altyd in die rigting van kompetisie, manipulasie; na die moontlikheid om jouself te vergryp en om alles vir jouself te hou. Ek sien dankbaarheid juis as die teenoorgestelde - om te ontvang, te bemoedig, te verenig.

Ons kla so maklik; miskien kan ons meer kere "dankie" sê en sodoende die mag van kla verbreek. Vraatsige hande is altyd besig om te gryp na méér; dankbare hande is oop en gereed om te gee en te ontvang... As ons dan die lewe en alles wat dit behels van God ontvang, kan ons mos reageer met woorde en gebare van dankbaarheid.

[Don Postema, via Op God se Spoor, Willie van Rooyen, LUX VERBI.BM, 2000].


Indeks     Index