"IT'S RESURRECTION SUNDAY"
 
Dr. Hein Delport van die Neder-duitsch Hervormde Kerk, Swartkop, in Eldoraigne (sy vrou, ds. Mariaan Delport is dominee by die NH Kerk, Erasmia daar naby) skryf die volgende:

"Vandag, Sondag 21 April 2019, het begin soos elke ander Sondagoggend in die Delport-huis. Ons het vroeg opgestaan om klaar te maak vir kerk - Mariaan na haar gemeente en ek na myne. Altwee oorgehaal met opstandingspreke vir Paassondag.

Ek onthou my preek goed: die Emmausgangers van Lukas. Jesus wat hulle op die pad en later in 地 huis ontmoet, God wat vir ons sê dat die opstanding nie net in die Kerk gebeur nie, maar juis ook in die wêreld. Die opstanding van Jesus word sigbaar in die wêreld.

Na kerk sê Mariaan ons moet ons dogtertjie dokter toe neem. Dit lyk of sy mangelontsteking het. Gelukkig kry ons 地 afspraak by Medipark 24, 地 Mediese Sentrum met 地 hele aantal dokters.

Ons wag in die ontvangsvertrek. Ewe skielik storm 地 swart vrou in met 地 lewelose lyfie in haar arms. Sy hou haar dogtertjie vas. Omtrent so oud soos my eie, my enigste. "Please help me... she fell into the pool... she痴 not breathing!!"

Alles gebeur gelyk. Die personeel spring, neem die kind na die noodkamer. Al die dokters storm uit hul spreekkamers uit. Die swart ma staan en ween. Ons gewone siekes kan haar hoor terwyl ons daar sit. Ek leun vooroor en hou almal dop. Mariaan is in trane. My dogtertjie se oë is groot. Die ander mense is sprakeloos, maar die bekommernis is sigbaar. Chaos neem oor. Die onsekerheid en vrese oorweldig. Ek staan naderhand op en gaan na die noodkamer - ek is immers 地 predikant. Daar staan sy, kan jy glo, alleen! Sy sien my in my kerkklere - "Doctor, help us please..."

"Ek is nie 地 dokter nie, probeer ek verduidelik. Sy is klaar op haar knieë voor my op die teëls in die stegie voor die noodkamer. Instinktief sak ek ook af. Iemand met 地 denim kom uitgestap - 地 Engelsman. Hy kniel voor haar; ek is op my knieë; haar man sit langs ons. Die susters en personeel staan langs ons. En die man in die denim (ek vind later uit dis Tommy) bid in Engels - ek met my hand op haar skouer.

So onder gebed gaan die deur oop. 地 Suster fluister saggies: "She痴 breathing..."

In een oomblik is daar lewe!

Almal skree gelyk. Ons druk mekaar. Swart, wit, ryk en arm. Engels en Afrikaans. Vir 地 kort oomblik breek alle grense, en dankbaarheid vloei. Ek hoor later hulle het nie 地 mediese fonds nie, die praktyk gaan die koste dra vir die helikopter na die staatshospitaal. Dit maak nie saak nie. 地 Suster breek deur die harwar van die sirkel wat hulle rondom ons gevorm het deur die gebed, en tussen die trane kry sy net kans om te sê:
"It's Resurrection Sunday..."





Indeks     Index