F.E.B.A RADIO
 

By FEBA (Far East Broad-casting Association) Radio staan ons dikwels verstom oor die Here se magtige vermoë om mense oor die lugweë in afgeleë plekke en geslote lande vir Sy Koninkryk te bereik. Jaarliks ontvang ons + 500 000 briewe en 1000e SMS-boodskappe van luisteraars wat getuig van Jesus se kragtige ingryping in hul hopelose lewens d.m.v. die evangelistiese radio-uitsendings van FEBA Radio in die Verre Ooste.
Vanweë die feit dat FEBA Radio as internasionale uitsaaier nie na die RSA uitsaai nie, is FEBA Radio by baie mense nog nie 'n huishoude-like naam nie. Daarom is ek opreg dankbaar vir die geleentheid wat 'Goeie Nuus' ons bied om die lesers meer van die polsende wêreld van FEBA Radio te vertel.
FEBA Radio is 'n internasionale sendingorganisasie wat die Evangelie van Jesus Christus d.m.v. die radio uitdra. Anders as plaaslike Christelike radiostasies, fokus FEBA Radio sy senders sedert 1945 op die mins-bereikte mensegroepe van die wêreld in nagenoeg 54 lande, in meer as 60 tale, o.m. ook na Suid-Asië, die Midde-Ooste, die Horing van Afrika, Franssprekende Afrika, Malawi, Zimbabwe, Mosambiek en die eilande van die Indiese Oseaan. Ons programme word deur plaaslike inwoners van hierdie lande gemaak; daarom kan ons uitsaai in tale waarvan sommige mense nog nooit eers gehoor het nie. Duisende van ons luisteraars skryf jaarliks aan ons om te vertel hoe hulle deur die programme geraak is, en selfs hoe hulle na aanleiding daarvan tot bekering gekom het. - Ds. Justus Potgieter (FEBA Radio Streekkoördineerder en Media-skakelbeampte).
Tel/faks: (+27) 012 644 1639
Selfoon: (+27) 082 670 3428
e-pos: jwpotgieter@telkomsa.net

Indeks     Index