LET OP DIE TEKENS VAN DIE TYD | |
  |
![]() Jesus sê (Luk. 21:9-11;25-28): "En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie. "Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. "En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. "En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. "En dan sal julle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid. "En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is." (Lees ook Matt. 24:6-51; Markus 13; Jes. 34:4; en Joël 2:10, 31). Jesus kom dalk gouer as wat ons dink! Dien Hom vandag met jou hele hart! MÔRE MAG TE LAAT WEES! Maak vandag nog seker dat jy in die regte verhouding met God leef; dat jy rein gewas is deur die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, en dat jy heiligmaking nastreef! "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyd deur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun va n die Mens te staan." (Luk. 21:34-36). "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal verbrand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?" (2 Pet. 3:9-11). "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9). "En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het." (1 Johannes 2:3-6). |