HY HET ALLES GEGEE
  ‘n Kerkgebou moes opgerig word in ‘n klein dorpie.
‘n Vergadering is belê en ‘n baie goeie spreker het ‘n dringende beroep op die gehoor gedoen om alles wat hulle by hulle het, te gee vir die boufonds.
Dit het ‘n diep indruk op ‘n klein seuntjie gemaak. Terwyl die oproep gedoen is, het sy handjie instinkmatig sy geringe besittinkies vasgehou.
Terwyl die offergawes opgeneem word, het hy op die kollektebordjie ‘n tol en vyf albasters geplaas.
Later, in die konsistorie, wou een diaken daarmee spot, maar die voorsitter van die vergadering sê toe: "Ek sal u R1 000 vir daardie tol gee. Die vyf albasters sal ek neem en vyf van my vriende vra om elkeen ook R 1 000 by te dra." Hy het daar en dan ‘n tjek vir R1000 uitgeskryf en later nog ‘n tjek ter waarde van R5000 gebring.
Toe die hoeksteen van daardie kerk gelê is, is die tol en vyf albasters van die klein seuntjie - wat alles wat hy besit het, gegee het - onder daardie steen ingemessel!
- Oorgeneem

Indeks     Index