MY PA EN SY $100-NOOT
 

Deur Cheri Horning Corder*

Dalk was dit omdat hy in sulke armoede grootgeword het. Ek raai in elk geval dat dít die rede was hoekom hy altyd met soveel genoegdoening ‘n $100-noot agter in sy beursie gesit het.
Honderd dollar is selfs nou nog 'n redelike bedrag geld, maar in die 1950’s toe hy hierdie gesprekke gehad het wat vir soveel jare al in my geheue ingebrand is, was dit sommer 'n aardige bedrag.
Sy het nie bedoel om te kla nie, maar my pa kon die kommer op haar gesig lees en kon nie help om daarna te verwys nie.
Die verhaal het uitgeborrel... Die lewe was swaar met al daardie groeiende mae om vol te maak, en haar man het dit moeilik gevind om werk te kry.
"As ons maar net honderd dollar gehad het," sug sy, sonder om te weet wat my pa in sy beursie het. "Ons sou 'n ordentlike huis kon huur in die dorp waar my man ‘n beter werk sou kon kry. Ek weet dinge sal vir ons verander - as ons net $100 gehad het."
"Hier is dit," sê hy op nugtere wyse en hou die $100-noot uit na haar. Hulle het mekaar vas in die oë gekyk. Hare was tastend: is hy werklik ernstig? Syne het gesoek na ‘n teken van aanvaarding. Hulle het albei geweet dat sy dit nie verdien nie en dalk nooit in staat sou wees om dit terug te betaal nie. Maar hulle het ook geweet dat sy die waarheid praat - sy het dit nodig gehad.
Sy kon in sy oë ‘n warm, vrygewige hart bespeur. Hy het in hare eers die flikkering van hoop gesien en toe die vlam van blye dankbaarheid toe sy glimlag en haar hand uitsteek.
Die geld het hulle in staat gestel om in die dorp te gaan woon waar haar man 'n baie beter werk gevind het. Dit het met hom voorspoedig gegaan. Later kon hy sy eie besigheid bekom, en uiteindelik was hy 'n miljoenêr.
My pa se eie besigheid het vooruitgegaan. Eendag terwyl hy na sake omsien in sy saag-meul, het ‘n stasiewa met die lang, oneffe grondpad-inrit aangekom en voor die kantoor stilgehou.
"Meneer," sê die bestuurder, half skugter voor my pa se reguit blik, "ek is op pad dorp toe om 'n nuwe werk te soek en met 'n nuwe lewe vir my gesin te begin."
Pa merk die moeë vrou en rustelose kinders op wat in die motor bibber van die koue. "Maar die brandstof is amper gedaan," gaan die man voort, "en ek vrees ek gaan nie die dorp haal nie. Sou u dalk kans sien om vir my ‘n paar liters petrol te skenk uit een van die meule se tenks?"
"Ek dink ons kan dit doen," verseker my pa hom. Hy vul die motor se tenk en merk op: "Ek het ‘n idee julle sal dit dalk ook nodig kry."
Uit sy beursie haal hy sy $100-noot en oorhandig dit aan die man wat vir hom wildvreemd is. ‘n Paar weke later het dieselfde ou stasiewa met die hobbelrige pad aangekom en weer voor die kantoor stilgehou.
"Meneer," het die opgewonde man gesê, "ek het net terug-gekom om dankie te sê! Met die geld wat u my gegee het, het ons in ‘n wonderlike huis inge-trek. Ek het ‘n goeie werk gekry en nou kan ek u terugbetaal." In sy uitgestrekte hand was daar $100.
"Bly om dit te hoor!" het my pa gestraal. Hulle het hartlik hand geskud met sommer nog ‘n klop op die skouer daarby. Maar Pa wou nie die geld aanneem nie. Instede daarvan sê hy: "Die beste manier om my terug te betaal is om iemand anders daarmee te help."
Net die Here weet of die man sy woord gehou en nog een van die wêreld se Goeie Samaritane geword het. Maar ek weet my pa het my, in hierdie en talle ander situasies, 'n prentjie gegee van my Hemelse Vader. Kan jy jou indink hoe Hy is? Hy het die beurs van die hemel wyd oopgemaak en hou dit uit vir ons om te neem … ‘n miljard-dollar-noot! Dis vanselfsprekend nie geld nie. Dis méér liefde as wat ons harte kan inneem, méér vreugde as wat ons ooit kan beleef, troos groter as ons pyn, leiding en ongekende hoop vir ons toekoms. En Hy bedoel dit. Hy weet ons verdien dit nie, maar Sy warm en vrygewige hart is geroer deur ons broodnodige behoeftes.
Sy oë soek vraend in joune. Sal jy dit aanneem? Sal jy die potensiaal daarvan koester om jou, geestelik gesproke, onge-looflik ryk te maak? En terwyl dit geheel en al buite ons vermoë is om Hóm ooit terug te betaal, sal jy dit weer aan ‘n ander persoon uitdeel?
* Cheri Horning Corder is 'n vryskut skrywer en spreker wat in Spokane, Washington, woon.

Indeks     Index