AUGUSTUS TOPLADY
 

Augustus Toplady (1740 - 1778)

Augustus Toplady was die skrywer van daardie bekende lied "Rock of Ages". Toe sy sterwens-oomblikke aanbreek, was hierdie Rots ook vir hom algenoegsaam. Omtrent 'n uur voordat hy dood is, het hy uit 'n ligte sluimering ontwaak.
"O, wat 'n heerlikheid! Wie kan die vreugde van die hemel peil! Hoe is ek nie deur helder sonskyn omring nie! Ek het nie woorde om dit te beskryf nie.
"Ek weet dit is nou nie meer lank voordat my Verlosser my kom haal nie.
"Alles is lig, lig, lig - die helder skynsel van God se heerlikheid! Kom, Here Jesus, kom gou!"
- Prof. JS Malan, uit "Voices from the Edge of Eternity" deur John Meyers.

Indeks     Index