DIE PAD AGTER JESUS AAN...
  Die pad agter Jesus aan, is 地 geseënde pad. In Markus 2:14 lees ons: "En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van Alféüs, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg."
Toe Levi opstaan en Hom volg, het hy sy ou lewe agtergelaat. Wie was hy? Hy was 地 tollenaar - 地 Joodse man wat nie as sulks vir die Romeinse staat gewerk het nie, maar van sy eie volksgenote belasting ingevorder het vir koning Herodes Antipas, Joodse heerser in Galiléa. Hierdie koning self was baie ongewild by sy eie volk en hy kon slegs regeer omdat hy die steun van die Romeinse leër gehad het. Levi was 地 gehate man omdat hy, soos ander tollenaars, meer belasting ingevorder het as wat nodig was. Op hierdie manier het hy homself verryk ten koste van sy eie (en soms arm) volksgenote.
Jesus verskyn op die toneel en sê vir hom: "Volg My." En hiermee bied Hy Sy vriendskap aan vir 地 man wat deur almal weggestoot is. Die veragte. Die skuim van die samelewing.
Dan vervolg die teks: "En hy het opgestaan en Hom gevolg." Hiermee breek hy met sy vorige lewe. Die ander dissipels wat vissers was, kon miskien nog terugkeer na hulle vorige beroep, maar nie Levi nie. Toe hy "Ja" sê vir Jesus, het hy finaal weg-gebreek van sy vorige beroep.
Met hierdie één daad het hy ál sy sekuriteit vaarwel toegeroep, maar terselfdertyd ook ingestap in die heerlikheid van Jesus Christus. Hy kon nou 地 eerbare lewe lei en vir God werk. Soos iemand dit stel: "It takes a big man to make a big decision, and yet some time in every life there comes a moment to decide" (Barclay). Met hierdie besluit het hy dan ook 地 ver groter werk gekry - in plaas daarvan om vir die koning te werk, kon hy nou vir die Koning van die konings werk! In plaas daarvan om laste op mense te lê, kon hy nou help om laste van mense af te neem.
Jesus het immers gesê: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee" (Matt. 11:28). Deur mense na Jesus toe te bring, kon hy deel hê aan hierdie Koninklike werk, en voor sy oë sien hoe hulle laste verdwyn en hulle rus kry. In plaas daarvan om belasting op te skryf soos hy dit ingevorder het vir 地 aardse koning, het hy deel gehad daarin om die Woord van die enigste ware KONING neer te pen. Voortaan sou hy al die handelinge en wonderwerke van Jesus neerpen. Ja, Levi is in werklikheid Matteus wat die Evangelie van Matteus geskryf het (vergelyk Matt. 9:9).
Nie almal is bereid om so skoon weg te breek van die verlede soos Levi nie. Ons lees die verhaal van die Ryk Jongman in Luk. 16. Jesus sê vir hom: "Nog een ding ontbreek jou - verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 地 skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My" (vs. 22). Maar hy het diep bedroefd weggegaan, want hy was baie ryk. Hy was nie bereid om alles agter te laat en Jesus te volg nie!
Op dieselfde wyse is daar ook vandag nog baie mense wat nie bereid is om alles agter te laat en agter Jesus aan te gaan nie. Sommige se sonde hou hulle weg. Ander se belange hou hulle weg, want die pad agter Jesus aan is 地 baie nou pad. Op hierdie pad moes Levi al sy rykdom en sekuri-teit, ja, ook sy bedrog agterlaat.
Hoe lyk die pad agter Jesus aan? Op hierdie pad is daar nie bedrog en vuilspel nie. Op hierdie pad is daar nie bordele nie, daar is nie kroeë nie. Daar is ook nie plek vir eiebelang nie. Ook is daar nie plek vir enige sinsgenot of enige vorm van sonde nie. Die pad agter Jesus aan is 地 heilige pad, maar ook 地 geseënde pad wat na die Ewige Lewe lei. Is jy bereid om hierdie pad te loop? Voeg dan die daad by die woord. Doen wat Levi gedoen het. STAAN OP EN LOOP AGTER JESUS AAN!
Dr. JJ Venter

Indeks     Index