U KAN DIE GEVANGENES HELP BEDIEN!
  Wanneer jy 地 langtermynvonnis opgelê word en die slotte knars een na die ander agter jou rug, word jy skielik teruggeruk tot die wrede werklikheid van die lewe. Jy word weggebêre tussen hardebaard-misdadigers en die kontak na die buitewêreld verdof. Hier en daar is 地 paar geliefdes wat vir jou bly omgee en kontak probeer behou. Jy probeer afskakel en leef een dag op 地 slag. Daar is min hoop. Eintlik verloor jy alle hoop. Die wêreld het jou afgeskryf as sleg en nutteloos. Klein dingetjies wat jy voorheen nie eens raakgesien of as belangrik beskou het nie, word nou hoogtepunte in jou lewe. Jy probeer téén wanhoop in leef...
Onlangs het 地 paar manne besluit om 地 verskil te maak en nuwe hoop aan die moedelose en vergete gevangenes in die Potchefstroom Korrektiewe Dienste te bring. Met die hulp van die vriendelike personeel is daar kragte saamgespan om die Nehemia Bybelskoolkursus aan langtermyngevangenes aan te bied. Elke Woensdag is hierdie Bybelskool 地 stukkie genade, 地 stukkie hoop wat hulle aanmoedig om nuut te dink oor die lewe.
Dit is 地 vrywillige Kursus vir Christene wat hul lewens wil verryk. Enigeen is welkom om in te skryf. Die Diploma-kursus het ten doel om elkeen die geleentheid te bied om hom na twee jaar as evangelis te bekwaam. Daar is eintlik niemand wat genade so goed verstaan as hy wat eintlik geen genade verwag nie en geen genade verdien nie! Hier in die Bybelskoolklas word elkeen toegerus met 地 Handleiding en ook 地 Bybel vir die wat nie een besit nie.
Soos die Kursus aanstap, word elkeen bewus van die erns van die saak. Die weersiens na elke week word 地 hoogtepunt. Die erns van die vrae word al groter, die ontdekking van nuwe sin en nuwe betekenis in die lewe word al duideliker. Waar die Kursus aanvanklik geneem word as 地 ekstra om vroeër vir parool in aanmerking te kom, breek die dieper betekenis van die Kursus stadig maar seker deur. Ons staan verbaas! God is besig met 地 totale "make over". Elkeen in die lewe is vir God belangrik. Tot die geharde misdadiger aan die kruis het genade ontvang! Die Nehemia-kursus word deur Miederpark Sending aangebied en gee 地 geleentheid aan almal om op 地 manier betrokke te raak. Tans is daar ongeveer 36 ingeskrewe studente. Die studiemateriaal van hierdie studente kos R50 per maand. Die dosente bied die Kursus gratis aan en doen dit om die liefde van Jesus uit te dra. Rekord word van elke leerling se vordering gehou by Miederpark se Sendingkantoor.
Ook u kan betrokke raak by hierdie pragtige Bediening. Help ons deur 地 student aan te neem. Wil u nie begin om teen R50 per maand 地 student te borg nie? U kan ook vir u eie student voorbidding doen en selfs briewe van bemoe-diging skryf. Ons sal dit so waardeer as u betrokke raak. 1 Joh. 5:14-15 sê: "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens Sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets so vra, weet ons ook dat ons sal kry wat ons vra."
As u oorweeg om 地 student aan te neem, kan u die maandelikse borggeld (of vooruit per jaar), in die volgende rekening betaal en die kantoor telefonies kontak vir meer besonderhede:
Naam van rekening: Miederpark Sending
Bank: ABSA Takkode: 632005
Tjekrekeningnommer: 405 041 9146
Let wel: By elke inbetaling moet u unieke verwysingsnommer verskyn: Nehemia: (gevolg deur u voorletter en van). Faks u inbetaling ter bevestiging na: 018 294 3900 of e-pos na:
sending@ngkmiederpark.co.za Rig u navrae aan Miederpark Sendingkantoor: Tel. 018 294 6900 (slegs vm.)

Indeks     Index