IS JY IN PAS? | |
  |
Die komiese verhaaltjie word vertel van 地 ma wat die militêre parade by-woon waar haar seun betrokke is. Toe die peleton verby-marsjeer, merk sy op: "Kyk, almal is uit pas uit! Net my Jannie is in pas!" Nodeloos om te sê, sy was blind vir die foute van haar eie seun, en in werklikheid was sy saam met hom uit pas uit. In die Bybel was Paulus ook bekommerd oor die mense van Thessalonika wat uit pas was. In 2 Thess. 3 skryf Paulus oor die feit dat daar mense is wat nie wil werk nie. Diesulkes moet dan ook nie eet nie! (vs. 10). Daar-teenoor het Paulus self die voorbeeld gestel deur met sy eie hande te werk (vs. 7,8), alhoewel dit sy reg was om by die gemeente te eet, 地 reg waarvan hy nie gebruik gemaak het nie (vs. 9). Hy gebruik meer as eenmaal die woord "onordelik" (Grieks = ataktos), om die gemeente in Thessalonika op hulle fout te wys: Hulle is "onordelik" as hulle nie doen wat die apostel hulle geleer het nie (vs. 6), omdat hyself hom ook nie "onordelik" onder hulle gedra het nie (vs. 8). Diegene wat nie wil werk nie, word ook as "onordelik" beskryf (vs. 11). Wat word bedoel met die woord ataktos of "onordelik"? Dit kan die betekenismoontlikhede inhou van "om buite orde te wees", "nie op jou pos te wees nie", of om, in militêre sin, "uit pas te wees". So was sommige mense in Thessa-lonika uit pas deur nie te wou werk nie, maar ook deur bemoeisiek te wees. Die Heilige Gees is ons Pasaan-geër. Om in pas met Hom te wees, beteken om jou lewe aan Hom oor te gee. Sodoende word dit moontlik om 地 Geesbeheerde lewe te lei in algehele onderwor-penheid aan Hom, met 地 fyn ingestelde gehoor op Sy bevele. Wanneer Hy sê "links", dan gaan ons links. Wanneer Hy sê "regs", dan gaan ons regs. Wanneer Hy sê "staan", dan staan ons. So bly ons in pas met die Heilige Gees. En dít is 地 waarborg vir 地 geseënde lewe op aarde. Is jou lewe in pas met God? Of lei jy 地 ongelukkige lewe omdat jy nie geluister het na die Stem van die Heilige Gees in jou binneste nie? Jy het dáárom jou eie kop gevolg en jouself met baie smarte deurboor. Daarom sê die Woord vir ons: "Jou eie boos-heid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat My vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare"(Jer. 2:19). Keer dan VANDAG NOG terug na Hom. Bely jou verkeerdheid van hart, en kom in pas met God! Hy sál jou vergewe en jou 地 geseën-de lewe gee. Die Woord sê: Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word (Heb. 12:12-13). MAG U VREDE VIND BY EN IN HOM! |