HERE, U IS ALTYD BY MY
  HERE, U is altyd by my.
Laat alles in my stil word
en voor U buig.
Laat my loskom van myself,
en laat my slegs van U bewus wees.
Laat die lig van U aangesig
oor my skyn.
Maak my rein van hart,
sodat ek U, my God,
in gees en in waarheid sal aanbid.
Ek dank U dat U my U kind gemaak het,
en deur U Gees in my woon.
Laat U teenwoordigheid
vir my so 'n werklikheid wees,
dat ek U sal aanbid
in alles wat ek doen

Indeks     Index