5 VOOR MIDDERNAG? | |
  |
![]() "Skokkend!" "Ongelooflik!" "Ontsettend!" "Traumaties!" Hierdie uitroepe word daagliks gehoor wanneer mense koerante lees of nuusbulletins op TV-kanale of oor die radio volg. Oorloë, misdaad en geweld, ekonomiese krisisse, natuur-rampe, morele en sedelike verval is aan die orde van die dag. Voedseltekorte veroorsaak wyd-verspreide hongersnood in plekke waar voorheen oorvloed was. Dit word 'n oorlewingstryd vir miljoene mense op aarde! Huidige wêreldgebeure noop ons om met groter belangstelling na Bybelse profesieë te kyk... Gaan daar ooit werklik 'n einde aan die huidige wêreld wat ons ken, en waarin ons nou leef, kom? Indien wel, hoe kan ons weet wanneer die einde van hierdie wêreld sal aanbreek? Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons nie 'n bepaalde dag of uur kan uitsonder nie: "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net My Vader alleen" (Matteus 24:36 OV). Tog sê Jesus in dieselfde hoofstuk van Matteus die volgende: "Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby. So moet julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien, weet dat die tyd naby is, voor die deur" (Matteus 24:32-33 NV). Bestaan daar werklik oor die hele wêreld 'n dringende behoefte aan slegs één sterk wêreldleier? In Beeld (25 Oktober 2010) word berig dat in 'n onlangse omvattende peiling bevind is dat Duitsland wéér 'n soort Führer (diktator; dink aan Adolf Hitler) wil hê! Baie beskou 'n diktatuur as die "beste staatsvorm". Baie mense/nasies glo nie dat daar so 'n tydperk sal aanbreek wanneer God se toorn oor die ganse mensdom sal losbreek nie. Tog lees ons in Openbaring 19:15,16 NV van so 'n dag: "Uit Sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. Op Sy klere, by Sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: ‘Die Koning van die konings en die Here van die heersers.’" Die dag wanneer God sê, "Genoeg is genoeg," en Sy oordele op die aarde uitgegiet word, sal die boosheid van die mense só verskriklik wees dat hulle God sal vloek en hulle nóg nie tot Hom bekeer nie! "Die mense is deur 'n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie" (Openbaring 16:9 NV). Daarom sal God Sy oordele voltrek oor hierdie mense wat teen Hom laster! ... Hierdie oorlog van Armageddon sal vir die laaste keer die gordyn laat sak oor die samelewing soos ons dit vandag ken... Bostaande is uittreksels uit die boek 5 VOOR MIDDERNAG? wat aan die begin van Desember 2011 beskikbaar sal wees. Stel u belang in Eindtyd-gebeure? Raak u ook bewus van die wanorde en rigtingloosheid van ons wêreld? Is u ook van mening dat dinge nie maar net so kan voortgaan nie? DAN IS HIERDIE BOEK VIR U! Die outeurs van hierdie boek is dr. Japie en Huegene Venter, uitgewers van "Goeie Nuus"/ "Good News". Dit is die pennevrug van jare se navorsing. Ons bied 5 VOOR MIDDERNAG? aan u teen die onoortreflike bekendstellingsprys van slegs R100 (BTW ingesluit)! Vir enige navrae, skakel ons by 018 293 1996 of 074 254 2319, of vul onderstaande bestelvorm in en pos aan: Goeie Nuus, Posbus 1957, Potchefstroom, 2520. Ons is seker dat u hierdie boek insiggewend sal vind en dalk sal wil deel met u familie en vriende. Daarom kan dit dien as die perfekte geskenk vir u geliefdes hierdie Kersseisoen. ![]() |