DIE GROOTSTE SKAT!
  Twee baie vuil dorpenaars het eendag na my huis toe gekom om 'n Bybel te koop. Hulle het die hele winter lank die bevrore grond omgeskoffel met die hoop dat hulle genoeg geld sou verdien om 'n ou, verslete Bybel te kan koop om na hulle dorpie terug te neem.

Omdat ek Bybels van Amerika af gekry het, kon ek vir hulle 'n nuwe Bybel in plaas van 'n verslete een gee. Hulle kon hulle oë nie glo nie! Hulle wou my betaal met die geld wat hulle verdien het, maar ek het geweier om dit te neem. Hulle is haastig met die Bybel daar weg.

'n Paar dae later het ek 'n brief vol ekstatiese vreugde ontvang om my vir die Bybel te bedank. Dit was deur 30 dorpenaars onderteken. Hulle het die Bybel versigtig in 30 dele opgesny en die dele onder mekaar uitgeruil!
- Richard Wurmbrand, Stigter van The Voice of the Martyrs. Hy was vir 'n totaal van 14 jaar in 'n Kommunistiese tronk in Roemenië in die 1940's, 1950's en 1960's.

[Uit: Fanaties vir Jesus, Volume 2, dc Talk en The Voice of the Martyrs, CUM, 2004].

Indeks     Index