BID SOOS JESUS ONS GELEER HET



 
Jesus het ons leer bid (Matt. 6:9-13). Die taalgebruik van hierdie modelgebed spreek van respek, eerbied, grootheid en heiligheid. Daarom gebruik die Here die woord U. Ongelukkig het sommige kerkmense hierdie pragtige, eerbiedige modelgebed al so afgewater dat daar weinig nog van eerbied sprake is. Die woorde Here en God word tydig en ontydig, oor-en-oor gebruik. Wanneer 'n persoon klaar gebid het, is hierdie groot en heilige Name 60 - 70 keer in sy gebed gebruik. Hulle herhaal hierdie kosbare Name na elke paar woorde. Laat ons opnuut fokus op die struktuur van die Onse Vader en ons eie gebede daar-volgens inrig. Sodoende kan ons die ydele herhaling van God se Naam voorkom.

Dirk Jonker, 078 466 2584

Indeks     Index