|
DIT IS GOD |
|
  |
Hoe groot dink dié mens is hy wat GOD wil toedraai in sy idees ideologieë leerstellinge - en wat nog meer - om HOM soos opgemaakte pakkies uit te stal in hulle rakkies van menslike wysheid? Dit is GOD wat die totaliteit van tyd en ewigheid geskep het en steeds hierdie onbegrensde ruimtes bewoon wat die hemel sy troon en die aarde die voetbank van sy voete gemaak het wat lag oor die dwase raad van konings en vorste én die nietige dinge wat onwyse mense laat woel en werskaf van vroeg tot laat om uiteindelik net maar wind na te jaag… Maar HY let op dié een wat arm en verslae is van gees wat met berou sy hart voor HOM kom buig… Ten spyte van SY onoortreflike Goddelike heiligheid SY onbeperkte almag en onbeskryflike grootheid kom maak HY ook woning in die harte van gebroke berouvolles wat wéét hoe afhanklik hulle van HOM is! (Huegene Venter) © |