PORTUGAL-SENDING | |
  |
Land van Feeste Oral in Portugal word feeste in die dorpies gehou wat die hele gemeenskap betrek en soms vir dae aanhou. Die stadsvaders reël dit saam met die Roomse Kerk. Afgesien van al die eet, drink en dans, word beloftes van selfopgelegde lyding, soos 5 km kruip op die knieë, aan Moeder Maria gemaak, in ruil vir gebedsverhoring. In 'n sekere distrik, sê hulle oor die TV, word 200 sulke feeste per jaar gehou: so 100 ter ere van die Maagd Maria, 70 ter ere van afgestorwe heiliges, en net 30 ter ere van Christus! Dít is ons mense se leefwêreld. Angolese Suzana en Delfina is twee Angolese vroue in die gemeente. Hulle moet hard werk om hulle gesinne te versorg. Die minimum salaris is €350 en dit is omtrent net genoeg vir 'n eenslaapkamer-woonstel plus water en ligte. Jy kan hulle woon-stelletjies deur 'n ring trek, so netjies is dit. Kos is nie goedkoop nie en openbare vervoer ook nie. Hulle mans is in die konstruksiebedryf en werk ook net af en toe. In die week moet dagversorging gereël en betaal word. Ten spyte van alles is Suzana skynbaar bekommerd oor ons en bring gereeld 'n pakkie met kaas, gerookte worsies en koeldrank. Ons het een aand baie lekker by hulle geëet - almal saam uit een bak op die vloer. Ons het sommer terugverlang na Mosambiek! Huisgroep in Moita Die mense uit Afrika kuier oor-en-weer by mekaar, maar die Portugese se huise is dikwels privaat en geslote. Juis om dié rede is die huisgroep in Moita so 'n wonder van die Here. Ons het reeds in drie verskillende huise byeengekom en is al meer as 10 persone op 'n keer. Die mense voel egter dat ons nou 'n winkeltjie moet huur vir ons byeenkomste. Ons hoop dat ons steeds die huislike en familie-karakter sal kan behou en dat die betrokkenheid van die mense teenoor mekaar sal aanhou groei. Groete! Manie en Annelie Taute Tel. 09351 968 173505 en 09351 918 554067 (Annelie) BANKBESONDERHEDE Bankrekening: NG Kerk Potchefstroom-Noord: Portugal Sending Tak: ABSA Tomstraat Takkode: 335138 Rek. Nr.: 4061419137 Posbus 20865, Noordbrug 2522, Potchefstroom |