DIE KOSBARE BOEK | |
![]() Die HUISGESIN is soos 'n boek... Die kinders is die blaaie en die ouers die omslae. Liefde is die band wat die boek aanmekaar hou. Die goue gespe wat vertroue inboesem en die huiskring verseƫl, is die vrees van die Here. Aanvanklik is die bladsye van die boek skoon en onge-skonde, maar met-tertyd word daar herinneringe opgeteken en prentjies geskets. Ouers moet sorg dra dat die boek skoon en heel bly, sodat sy blaaie nie verstrooi raak nie. |