SIEN JY KANS?
 
Sien jy kans om elke dag meer tyd aan jou Bybel te bestee as aan die koerant?
Sien jy kans om jou twyfel in die oë te kyk en daarvan af te sien?
Sien jy kans om afgesien van wat jou vriende sê, so eenvoudig te lewe dat jy meer tyd met Christus kan deurbring?
Sien jy kans om Christus saam met jou te neem na jou klaskamer, jou kantoor of jou werkplek?
Sien jy kans om elke keer as jy iets sê, in liefde die waarheid te praat?
Sien jy kans om werklik volgens jou gewete voor die Here te leef eerder as om ander mense se opvattings oor reg en verkeerd na te volg?
Sien jy kans om die gebruik van jou vrye tyd eerlik te heroorweeg in die lig van jou liefde vir Christus?
Sien jy kans om die Here te aanbid met jou hele hart elke keer as jy vir daardie doel met ander saamkom?
Sien jy kans om werklik te lewe asof jy glo dat Jesus Christus die Here is?
- Norvel Young

Indeks     Index