OUERS MOET VASSTAAN | |
  |
![]() Indien jy nie jou kinders vir die Here kan wen nie, moet dan nie toelaat dat hulle jou vir die wêreld wen nie. Ouers sal nooit daarin slaag om hul kinders by wyse van kompromie in 'n geestelike rigting te beïnvloed nie. As jy op die Rots bly staan, is jy in 'n baie gunstiger posisie om hulle op te help tot waar jy is, maar as jy afdaal tot die vlak waar hulle beweeg, kan jy vir goed saam met hulle in die modder van die wêreld wegsink. |