DANKIE VIR DIE STILTE
 
DANKIE, liewe Heer, vir die stiltes van verdriet en teleurstelling wat u meermale in my lewe toelaat. Daar sluit U my af van die gewone gang van die lewe en dwing my tot stilstand. Ag, Here, bewaar my daarvan dat ek U slegs in die storm en die vuur sal soek, en U nie in die suising van die groot stilte van verdriet sal vind nie.
SKEP in my van die een besige dag na die ander 'n behoefte aan die suising van die sagte stilte waarin U stem hoorbaar is. Help my om daardie behoefte oor te dra aan my kinders wat grootword in 'n wêreld wat met alle mag die stilte vernietig en daardeur U Stem verdoof. DANKIE, HERE, vir die stilte!

Indeks     Index