LEEF IN OORWINNING!
  En hulle het hom oorwin deur die Bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie (Openbaring 12:11).
Kom ek begin deur dit duidelik te stel dat daar méér aan 'n oorwinnende lewenstyl verbonde is as om baie geld of 'n nuwe motor te besit. Daar is méér daaraan verbonde om 'n wenner en oorwinnaar te wees in die lewe as om beroemd te wees of selfs bewonder te word. Om die waarheid te sê, baie skatryk en wêreldberoemde mense kan nie verklaar dat hulle wenners is nie. Hulle verloor daagliks die stryd teen dwelmmiddels, materialisme, selfsug of selfgenoegsaamheid. Hulle huwelike ver-brokkel en hulle menseverhoudinge is aan flarde. Hulle ondervind senuwee-ineen-stortings en is vol bitterheid en woede. Dít is nie die oorwinnende lewe waarvan die Bybel praat nie!
Oorwinning impliseer dat iets of iemand oorwin moet word. In die boek Openbaring noem Johannes hierdie "iemand" die "aanklaer van ons broeders" (12:10). Van hierdie "aanklaer" sê hy: "want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag." Hierdie meedoënlose, demoniese aanvalle dryf baie mense op hulle knieë in neerlaag. Satan is God se vyand en hy is die vyand van God se kinders en hy sal nie rus totdat hy jou siel in die dieptes van die hel geslinger het nie.
Hoe kan ons hierdie meedoënlose "aan-klaer" oorwin? Een manier is deur "die woord van [ons] getuienis." Elke gelowige in Christus het 'n persoonlike getuienis. Elkeen van ons kan sê: "Ek was verlore, maar is nou gered. Ek weet my lewe wat voorheen waardeloos en boos was, is deur die Here Jesus vrygekoop." Hoewel baie persone se getuienisse ooreenkomste mag vertoon, is elke getuienis tog uniek. God het met elkeen van ons op 'n besondere wyse ontmoet en gehandel. Hy het ons laste weggeneem en die swaar jukke op ons skouers vernietig op maniere wat dikwels ander mense verstom. God het elke mens as individu lief en handel met ons as individue. Jou persoonlike getuie-nis is dus uniek en kragtig. Koester dit!
Johannes het ook gepraat van 'n ander wapen waarmee ons die aanklaer kan oorwin. Hierdie wapen bring die arm van God in beweging in ons lewens: "En hulle het hom oorwin DEUR DIE BLOED VAN DIE LAM." "Die bloed van die Lam" beskik oor die krag om ons uit die donker tot in die volle lig te bring! Dit beskik oor die krag om ons te bevry van die slawerny van Satan en ons oor te plaas in die wonderlike vryheid van die Koninkryk van God se Seun. Bely hierdie wonderlike waarheid deur Skrif aan te haal in tye van stryd en nood!
[Uit: As Ek die Bloed Sien, dr. Tim Bagwell, VGU 1999].

Indeks     Index