VREUGDE UIT PYN | |
  |
![]() George Matheson was 'n blinde Skotse prediker. As jong seun is hy met blind-heid geslaan. Hy moes baie struikelblokke op sy lewenspad oorkom. Eendag het hy gaan sit en hierdie woorde gedikteer: "Daar kom 'n tyd dat jou geluk en roem juis uit daardie dinge sal voortspruit wat tans vir jou hartseer en pyn veroorsaak. Niks kon vir Jakob treuriger gewees het as toe hy met sy kop op 'n klip in die woestyn gelê het nie. Dit was sy uur van armoede en smart. Maar die Here was op daardie plek en hy het dit nie geweet nie. Toe hy die volgende oggend wakker word, vind hy dat die nag van sy beproewing die daeraad van sy oorwinning was. Kom ons vra vir Abraham watter plek die begin van sy oorwinning was en hy sal sê: Die Berg Moria, toe ek my seun moes gaan offer. Josef sal weer sê: Daar, vergete in die tronk. Paulus sal sê: Op pad na Damaskus, toe die lig my verblind het. En die Seun van God sal sê: In Getsémané, toe Ek die beker by my wou laat verbygaan." Dan vervolg George Matheson: "Wat nou woestyn is, sal nog vir jou in sang uitbreek - wat nou draaie is, sal reguit lyne word en wat verlies is, sal omskep word in wins." Die doof-blinde Helen Keller skryf: "Ek dank God vir my struikel-blokke, want daardeur het ek my-self, my werk en my God gevind." [Plant 'n Mosterdsaadjie, Louise Smit, Perskor-uitgewery, 1975]. |