LAAT JOU MURE VAL | |
  |
met jou misleidende Vorstelikheid probeer jy Sy kinders uitbuit met slinkse valsheid hul denke verdraai hul harte met laste belaai Maar Jerigo, het jy dan nie geweet Sy kinders se hulpkreet word altyd verhoor Jy weet mos Sy Stem het die Rietsee verdor Hoe dan des ter meer sal Hy jou die stryd laat verloor Hoor jy, Jerigo, hoor jy? Hoor jy die rampshoringsbasuin? Voel jy Sy grootheid in die stilte om jou mure? Voel jy, Jerigo, jou fondamente skud? Kyk Jerigo, jou mure met een kreet verslaan! Sien jy elke knie wat buig? Hoor jy elke stem wat juig? Erken jy - elke hart getuig © Suzette Dorfling |