'N GEESTELIKE FIKSHEIDSTOETS | |
  |
'n Gesonde aptyt vir ‘n persoonlike verhouding met die Here en vir die lees van Sy Woord. Daaglikse oefening "om altyd voor God en voor mense 'n skoon gewete te hê". 'n Rustige hart wat reëlmatig klop in ooreenstemming met die Hart van God. Dit skakel die hoë bloeddruk van geestelike trots asook die lae bloeddruk van neerslagtigheid uit. 'n Skoon tong sonder hardheid, bitterheid, 'n geskinder, veroordelende kritiek, lawwe praatjies of bedrog. Die woorde van so 'n tong is "soos 'n fontein met heerlike vars water" (Spr. 18:4). Gesonde oë om dinge in die regte perspektief te sien sodat ons probleme in werklikheid nie so groot is soos ons gedink het nie. Goeie ore wat gereed is om God se woorde op te vang in 'n tyd van afvalligheid. Hande met 'n goeie greep wat die ploeg vashou sonder om weer agtertoe te kyk; ook hande wat soos dié van die Meester met teerheid mense kan optel wat geval het en verwond is. Gewillige voete wat in die paaie van die Here se gebooie sal beweeg en nie ronddrentel op die paadjies van luiheid en uitstel nie, en nooit omdraai na die vleispotte van Egipte nie. Knieë wat maklik buig om die gevegsposisie van volhardende gebed in te neem wanneer die vyand dreigend nader kom. Dit is ook knieë wat gebuig sal bly totdat mense na die Here toe kom en totdat Hy Sy seën gebied waar daar geestelike droogte is. - Oorgeneem |