PRESTASIE | |
  |
Prestasie. Prestasiebonusse. Prestasiemeting. Mikpunte. Ek dink jy ken dié woorde. Dis hoe dit in ons samelewing werk. Ons moet "uithaal en wys", anders het ons nie meer werk nie. Ons leer dit ook vir ons kinders. Ongelukkig leer ons nie óók vir ons kinders van God se wêreld nie. Daar meet God nie ons prestasie nie. Hy gee Sy genade gratis. Jy is aanvaarbaar, God se mens, omdat God jou liefhet. As jy moes presteer vir die Here se liefde, sou jy nooit liefde gekry het nie! Efesiërs 2:8 "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God." Ons loof U, troue Heer, Redder van ons lewe, dat U ons uit genade alleen gered het. - Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM, 2004. |