DIE PRYS EN DIE KRAG VAN WARE GEBED |
|
![]() |
|
  |
"Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins" (Fil. 1:21). Dit was op 19 Augustus 43 jaar sedert SHINICHI TOYODA, een van die vurigste evangeliste en 'n radio-prediker van die Japan Sending gesterf het. Hy het so 'n gebedslas vir andere gehad dat hy soms nagte in gebed deurge-bring het. Op Saterdagaand 18 Augustus 1973, het hy weer na 'n berg gegaan om die nag in gebed deur te bring. Die volgende dag is hy na 'n soektog op sy aangesig gevind in gebedshouding, met sy oop Bybel en gebedskaarte. Hy het aan 'n hartaanval beswyk en was slegs 33 jaar oud. Hy het heengegaan, maar sy brandende liefde vir Christus, sy ywer vir die redding van siele en vir herlewing, sy stralende persoonlikheid, sy teer gewete en opofferende lewe bly steeds 'n besieling en aan-sporing vir talle mense. PRAYING HYDE, sendeling in Indië, het vir dae en nagte aaneen gebid. Hy het so 'n intense gebedslas gehad en 'n lewe van gebed beoefen dat sy gesondheid ingegee het en daar is bevind dat sy hart na die regterkant van sy bors geskuif het. Hy het teruggekeer na Amerika om te sterwe, maar in antwoord op sy gebede het God letterlik duisende siele in Indië gered, en die seën wat voortgevloei het deur die uitdaging van sy lewe, is onberekenbaar. DAVID BRAINERD het letterlik uitgebrand in 'n lewe van self-opoffering en gebed. Alleen in die woeste wildernis van Amerika waar hy geworstel het met 'n dodelike krankheid, het hy dag en nag gebid. Hy het die gewoonte gehad om soms snags op die bevrore grond te lê, in 'n beervel toegedraai, en tot God te roep om die Rooi Indiane te red. Hy was maar 'n jong man toe hy gesterf het, maar God het die onkundige, heidense, besope skepsels by die honderd-talle gered en hul lewens radikaal omskep tot rein Christene. HOE LYK JOU EN MY GEBEDS-LEWE? - Red.PRAY in these last days before the return of Jesus, when the warfare and persecution is more intense than ever, that God would give us FAITH LIKE DAVID when he faced Goliath, FAVOUR LIKE ESTHER when she approached the King without being invited, and FEAR OF THE LORD LIKE JOB when he was struck with many calamities but did not curse God. |