ONBEPERKTE BRONNE | |
  |
"Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan Sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee" (Matt.14:19 NV). Wanneer jy om jou rondkyk, lyk die behoeftes om jou groot en oorweldigend. Jou hulpbronne lyk so min en jou eie vermoëns so ontoereikend om in hierdie behoeftes te voorsien! As jy ander se dors probeer bevredig vanuit jou eie hulpbronne, sal niemand se dors ooit geles word nie. As jy dié wat honger is probeer voed met jou eie brood, sal niemand versadig word nie. As jy ander probeer vertroos met jou eie gedagtes, sal niemand vertroos word nie. As jy vir ander sin probeer gee met jou eie planne, sal niemand ooit vervulling ken nie... Jesus vra jou om alles wat jy het, vir Hom te gee. Wanneer jy jou lewe in Sy hande oorgee, sal Hy jou breek as die brood, jou vermenigvuldig en jou gebruik om in die behoeftes van ander te voorsien met Sy onuitputlike hulpbronne! - Roy Lessin, Sy voetspore, my lewenspad, 2007 Christian Art Gifts |