LIZA SE GETUIENIS: VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE!!! | |
  |
Op die ouderdom van 8 jaar was ek 'n volbloed-hoer wat haar storie geken het. Uhm, ek onthou nog die heel eerste werklike verkragting - die helse eina, daai bang wat geen woorde ooit sal kan sê nie; die afskuwelike doodgaan van my menswees! Vir 26 jaar lank WAS ek die dogter en minnares van die duiwel. 9 April 1997, die aand wat ek 180° omgedraai het en vir elcheappo (dis hoe ek die duiwel noem) 'n - kom ons sê maar - baie sarkastiese memo gestuur het: Dit was lekker, maar dis nou klaar! Die Vaderskaptoetse het anders bewys. Ek is toe nie die dogter van elcheappo nie; ek is die dogter van El Shaddai! En ek het... binne-in die Arms gehardloop van die Man (Hy, die Messias van God) wat in my gees voor my langs Sy spierwit Arabiese resiesperd gestaan het! Die Man op Wie se voete ek kleintyd gedans het: "I am the Lord of the dance and I still go on." Vir die eerste keer (dink net die heel-heel eerste keer) het ek geluk, liefde - so verskriklik baie liefde - en 'n Godopgelegde roeping in die palm van my hande vasgehou. LEWE! Ek dien 'n God van wonders; en ek is 'n lewende, tasbare wonderwerk van daardie God van getuienisse. Ek moes nie nou hier gestaan het nie; ek moes dood gewees het, stapelgek! Ek was so diep binne-in die volle mag van suiwer boosheid gevange gehou dat dit menslik onmoontlik was om ooit weer daar uit te kom! En as GOD mư daaruit kon verlos, dan is géén siel se vrymaking vir Hom onmoontlik nie, en ek bedoel GééN!!! |