'N GELEENDE LEWE



 
"Wanneer jy weet dat jou lewe 'n lening is, kyk jy anders na jou goed: geld, 'n huis, kar, werk en salaris. Dit moet beskou word vanuit die perspektief dat jou lewe 'n lening is."
- Anoniem.

Prediker 2:24-25 "Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die Hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie? "

Wanneer 'n mens vergeet dat jou lewe 'n lening is, dink jy dat die lewe wat jy hier het, jou eie is. Dan begin jy met jou lewe maak wat jy wil. Dan begin jy met jou goed maak wat jy wil.

Wanneer jy verstaan dat jou lewe 'n lening is, hou jy nie krampagtig aan jou besittings vas nie. Jy weet dis alles net tydelik. Daarom deel jy dit makliker met ander en geniet jy dit as deel van God se gawes aan jou.

Gebed: Here, U gee aan my die lewe met al sy gawes. Laat ek nooit vergeet dat alles wat ek het, ook my lewe, slegs 'n lening is wat U aan my gegee het nie. Amen.

- Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM 2004.


Indeks     Index