ONS STEL BEKEND...
Die Pinkster Protestante Kerk,
Sentraal-Gemeente, Potchefstroom
 
Pastoor HP du Preez
Hierdie gemeente is op 8 Nov. 1969 in die huis van mnr. en mev. Hennie Boshoff begin. Daarna is begin om 'n kerkgebou op te rig wat op 2 Sept. 1972 aan die Here toegewy is. Die ingebruikneming van die kerk was 'n dag van vreugde en oorwinning!
Op 9 Maart 1974 is pastoor Hennie en mev. Pop du Preez as eerste voltydse herderspaar van die gemeente bevestig. Na 28 jaar is
Past. en mev. Hennie en Pop de Preez
  hulle steeds getrou op hulle pos as herderspaar. Die gemeente kan getuig van groot seëninge deur die jare. Die kerk word genoem "Huis van Genade" omdat honderde kosbare mense hier hulp en genade ontvang het nadat hulle deur die gevoellose wêreld neergevel is.
'n Geregistreerde Bybelskool, "Ebenhaeser," asook 'n biblioteek met geestelike boeke word in die gemeente gehuisves. In elf Sondagskool-klaskamers word die kindertjies van Jesus geleer en die jeugwerk groei ook pragtig onder die bekwame leiding van JP en Simone Steenkamp.
  Twee keer per jaar word 'n kursus vir alle nuwe bekeerlinge aangebied met die oog op die geestelike groei van die kursusgangers. Hierdie gemeente vier aan die begin van September 2002 hulle 30ste bestaansjaar met spesiale sprekers en talle musiekitems. 'n Reünie is ook gereël vir alle lidmate van die afgelope 30 jaar.

Kerkgebou

Indeks     Index