| DIE SEER VAN 'N ASBLIKLEWE |
![]() |
|
  |
Ween met die wat ween... (Rom. 12:15). Duisende klein kindertjies wat honger is en koud Die seer van ‘n asbliklewe maak selfs die jongstes oud... Ek wil kom stil word hier by U voete Ek wil kom hoor wat U sal sê Ek wil kom oopmaak vir U Gees, Heer As ek my vrae voor U kom lê Want soveel mense sterf sonder Jesus Daar’s soveel misleiding na die ewige dood Daar’s soveel oorvloed, selfsug en rykdom Terwyl ander ly in hongersnood Ek wil dit uitskreeu: "Wat van die kinders wat die honger en lyding glad nie verstaan? Wat van die mense wat stukkend en seer is? Wat van die oumens wat eensaam vergaan?" En as ek dan vra, Heer: "Waar is U liefde?" Dan moet ek erken, Heer, dit lê nog by my Want in my selfsug leef ek my lewe En stap selfvoldaan by die nood verby Maak my ‘n beeld van Jesus se liefde Om in my w&ecfricreld U hande te wees Ek gee myself as ‘n lewende offer My lewe beheer deur die Heilige Gees Hier staan ek voor U net soos Jesaja Dat U my sal aanraak met U heilige vuur Sodat ek oral U liefde kan uitdra Hier is ek Heer, sal U my stuur? - Piet Smit/MAR Gospel Music Publishers |