OP WATTER MANIERE PRAAT GOD MET 'N MENS? | |
  |
DEUR SY SEUN JESUS CHRISTUS "Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak" (Joh. 1:18 NV). "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het" (Hebreërs 1:1-2 OV). "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" (Joh. 14:6 OV). Lees o.a. ook Joh. 3:16; Joh. 5:19-26; Joh. 14:7-9; Luk. 1:31-33; Hand. 8:37; Gal. 4:4-6. DEUR SY WOORD "Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord" (Ps. 119:9 OV). "Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!" (Ps. 119:9 NV). "U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad" (Ps. 119:105 NV). "Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig" (Ps. 119:130 OV). "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is" (Ps. 119:130 NV). "'Maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.' En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is" (1 Pet. 1:25 NV). Lees o.a. ook Ps. 33:4,6; Jes. 40:8; Jer. 23:29; Matt. 4:4; Luk. 24:44-45; Joh. 1:1; Joh. 17:17; Heb. 4:12; 1 Joh. 5:7; 2 Tim. 3:16. Die lees, bepeinsing, studie en prediking van God se Woord is lewensnoodsaaklik vir die kind van God se geestelike groei. DEUR DIE HEILIGE GEES "En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees" (Markus 13:11 OV). "Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur" (Joh. 16:7 NV). "Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie" (Lukas 2:25-26 NV). "En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het" (Hand. 13:2 OV). Lees o.a. ook Luk. 12:12; Hand. 11:28; Hand. 13:2; Hand. 20:23; Rom. 9:1; Heb. 10:15. DEUR DIE NATUUR "As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het" (Ps. 8:4 OV). "Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: daar is geen spraak en daar is geen woorde nie - onhoorbaar is hulle stem. Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak; en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop. Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie" (Ps. 19:2-7 OV). "Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning" (Ps. 97:6 NV). Lees o.a. ook Ps. 93:3-4; Ps. 104. DEUR SY PROFETE "…het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei" (Rigt. 6:8 OV). "En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het" (2 Kon. 17:13 OV). "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg" (Matt. 23:34 OV). "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun" (Heb. 1:1 OV). Lees o.a. ook Jer. 1:5; Eseg. 2:5; Joh. 6:45; 2 Pet. 3:2. DEUR 'N HOORBARE STEM "…en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?" (Hand. 9:4 OV). DEUR SY ENGELE "En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe" (Gen. 19:1 e.v. OV). "want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë" (Ps. 91:11 OV). "Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?" (Heb. 1:14 OV). Lees o.a. ook Gen. 24:40; Num. 20:16; Dan. 3:28; Jes. 37:36; Luk. 1:11-38; Luk. 2:13-14; Hand. 10:22; Hand. 27:23-24. DEUR GESIGTE / VISIOENE / OPENBARINGS "Na hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot" (Gen. 15:1 OV). "…dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte" (Job 7:14 OV). "…terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer" (Daniël 9:21 OV). "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien" (Joël 2:28 OV). "In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: 'Ananias!' 'Hier is ek, Here,' het hy geantwoord" (Hand. 9:10 NV). "Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het" (2 Kor. 12:1 NV). Lees o.a. ook 1 Sam. 3:1; Ps. 89:20; Jes. 21:2; Eseg. 1:1; Eseg. 8:3; Eseg. 11:24; Dan. 1:17; 8 & 10; Luk. 1:22; Hand. 2:17; 11:5; 16:9-10; Hand. 18:9-20; Openbaring 9:17. DEUR DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES Lees o.a. 1 Kor. 12 & 14. DEUR DROME "En hulle het altwee 'n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen 'n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het" (Gen. 40:5 OV). "Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees" (Matt. 1:20 OV). "En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil" (Matt. 27:19 OV). Lees o.a. ook Gen. 31:10; Gen. 37:6-7; Num. 12:6; Rigt. 7:13; Dan. 2 & 4; Matt. 2:12,22. 'N INNERLIKE OORTUIGING DEUR DIE HEILIGE GEES "En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie" (Joh. 10:4-5 OV). Lees o.a. ook Matt. 4:1 INDRUKKE / BEELDE WANNEER JY IN GEBED VERKEER DEUR ANDER MENSE SE GETUIENISSE "Van Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is" (3 Joh 12 OV). DEUR OMSTANDIGHEDE / GEBEURE DEUR OPENBARINGSKENNIS ('n "rhema"-woord) DEUR CHRISTELIKE BOEKE, TYDSKRIFTE, TRAKTAATJIES DEUR GEESTELIKE MUSIEK (KASSETTE, VIDEO'S, DVD'S) Geborg deur: Lemon Blossom Gastehuis Kerkstr. 4, Potchefstroom, 2520 Tel: (018) 297 1137 of Sel: 082 803 3872 |