UITREIK NA BRASILIë | |
  |
![]() Die Span: Surene (Worcester), Angelo (Bloemfontein) & Andrea (Potch) Twee jaar gelede was ek op 'n uitreik na Brasilië o.l.v. YWAM (Youth With A Mission). God is ‘n God van wonderwerke en Hy het my verras met 'n tweede geleentheid. Hy maak die lewe waarlik ‘n avontuur! "For just as the heavens are higher than the earth, so are My ways higher than your ways, and My thoughts higher than your thoughts" (Isaiah 55:9). Ek het van 23 Junie - 23 Julie 2006 die voorreg gehad om 'n uitreik na Brasilië te onderneem o.l.v. Creare Ministries International. Creare reik uit d.m.v. die skone kunste, nl. musiek, dans, kuns en drama. Hulle gee ook klas by kerke en skole. Die hoofdoel was om gemeentes te gaan bemoedig en op te bou sodat God op vryer en kreatiewe wyses aanbid kan word. Een gemeente was in Taubate en die ander in ‘n krotbuurt met die naam Duque de Caxias naby Rio de Janeiro. Die mense is warm en klim baie maklik in jou hart. Die Heilige Gees het harte voorberei en die mense was baie oop en ontvanklik. Tydens ‘n dansklas in Taubate was daar 35 mense, met meer as die helfte mans en 5 pastore. Teen die einde van die aand kon elkeen voor God dans, met ‘n nuwe hart van aanbidding om God in Gees en in Waarheid te dien. God kon ons gebruik om 'n gees van vreugde te bring waar daar ‘n gees van depressie was. Hy bring weer lewe in woestyne. Die werk gaan voort met die stig van 'n Creare-basis. Sillabusse word vertaal, mense word opgelei en nuwe kontakte word geskep. Duque de Caxias is ‘n geweldige groot en arm gebied. Baie min inwoners het ‘n toekomsvisie. Geweldig baie kinders word sonder ‘n pa groot. Mans raak betrokke by dwelmmiddels omdat hulle geld nodig het en word dan doodgemaak as hulle die dwelmhandelaars geld skuld. Vroue word prostitute met die hoop op ‘n inkomste - want die kinders moet eet. Hier is die bediening nie altyd maklik nie en jou karakter en aanpasbaarheid word baie getoets. Die Christene hier was ‘n voorbeeld vir my en ek dink vir baie ander Christene ook. Die pastoor van ‘n klein gemeentetjie sien die behoeftes raak en gee daagliks vir 60 kinders kos. ‘n Man met ‘n vaderhart. Iemand soos Jesus. Selfs die jeug dien God passievol, ten spyte van baie teëstand. In die platteland het ons met grondpaadjies gestap en mense van huis tot huis bedien. Met vuil voete en skoene het ek daaraan gedink hoe ver Jesus gestap en mense bedien het in Sy tyd hier op aarde. Ek het opnuut besef dat bediening niks beteken sonder liefde nie. God vra ons: Wat beteken dit om mense werklik lief te hê? God kyk na die gesindheid van ons harte. ‘n Profes-sionele "performance" sonder liefde beteken niks. ‘n Nederige, liefdevolle hart is wat God vra (1 Kor 13). Dit is al wanneer ons werklik in menselewens ‘n impak sal maak! AAN GOD AL DIE EER! |