IS DAAR ENIGE REDE WAAROM JY JESUS NIE NOU DADELIK KAN AANNEEM NIE?
 
Hoe om Jesus aan te neem:

1. Erken jou behoefte (Ek is 'n sondaar).
2. Wees gewillig om van jou sonde weg te keer (Bekeer jou).
3. Glo dat Jesus Christus vir jou aan die kruis gesterf het en dat Hy ook uit die dood opgestaan het.
4. Nooi Jesus Christus deur gebed om in jou hart te kom woon en jou lewe te beheer deur die Heilige Gees (Neem Hom aan as jou Heer en Redder).

Wat om nou hardop te Bid:

Liewe Here Jesus,
Ek weet dat ek 'n sondaar is en U vergifnis nodig het. Ek glo dat U vir my sonde gesterf het. Ek wil van my sonde
wegkeer. Ek nooi U nou om in my hart en lewe in te kom. Ek wil u vertrou en U volg as my Here, Redder en
Saligmaker. Amen.
Datum:
Handtekening:

God se Woord verseker ons van redding

As jy die gebed in die kolom langsaan gebid het, sê die Bybel:
"Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Romeine 10:13).
"Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie" (Efésiërs 2:8-9).
"Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God" (1 Joh. 5:12-13).
"Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo" (Joh. 1:12).

Indeks     Index