Sonsondergang in die berge van die Noordkus. Skielik verbreek uitroepe, ontploffings, en 'n sarsie koeëls die gespanne kalmte van Pozo Azul in die Colombiaanse staat Bolivar. Guerillas het onverwags 'n paramillitêre groep teëgekom.
Jacinto, 'n jong lid van die paramillitêre groep, sien hoe sy vriende in die kruisvuur sterf. Skielik het hy 'n pyn in sy bors gevoel en word hy op die grond neergevel.
'n Paar minute later was die skermutseling verby. Hy het verward bygekom en die grootste wonderwerk van sy lewe gesien. Die Nuwe Testament wat Geopende Deure maande tevore aan hom gegee het en wat hy altyd in die linkersak van sy uniform gehou het, het gekeer dat die koeël hom in die hart tref!
Daardie middag is 76 van Jacinto se paramillitêre kamerade in die konfrontasie dood. "Ek weet dat baie van hulle van Jesus Christus as die enigste Saligmaker gehoor het", het hy gesê.
Uit: Geopende Deure, September 2007.

Indeks     Index