DIE JUKVERWYDERAAR
 

Dit het 21 jaar gelede gebeur. Tog, toe Bertus 地 paar weke gelede sy verhaal vertel het, het hy gesit en huil asof dit 地 week vantevore gebeur het. Sy storie was een wat gevul is met teleurstelling, verwerping en hartseer. 地 Storie waarin Bertus 21 jaar gelede vir 18 maande lank 地 babaseuntjie as sy eie grootgemaak het voordat sy vrou hom op 地 dag oor haar buite-egtelike verhouding ingelig het - en dat die baba die ander man s地 is. Hulle is kort daarna geskei. Vir amper 50 jaar lank het Dina haar donker geheim in haar hart rondgedra. Ook haar storie is gevul met teleurstelling, verwerping en hartseer. As kind is sy deur 地 familielid gemolesteer en misbruik. Dit het haar met geweldige skuldgevoelens gelaat. Die enigste ding wat met tyd beter geraak het, was Dina se vermoë om hierdie hartseer te onderdruk terwyl sy daagliks daarmee saamgeleef het.
Twee soortgelyke stories gevul met soortgelyke elemente. Twee mense met ontsaglik baie potensiaal wat met verloop van tyd gewoond geraak het aan die swaar ysterbal van hartseer wat hulle met hulle saamsleep.
Dalk voel jy ook vandag soos Bertus of Dina omdat jy 地 donker ysterbal van hartseer het wat jy met jou saamsleep. Dalk is joune ook die seer van 地 ontroue lewensmaat uit jou verlede. Dalk dra jy net soos Dina 地 donker geheim binne-in jou hart wat jy nog nooit vir iemand kon vertel nie. Of dalk kan jy jouself nie vergewe vir die verkeerde besluite wat jy in jou verlede geneem het nie. Ek weet dit nie, maar God weet dit. Hy ken jou hartseer. Hy weet van elke aand wat jy jouself aan die slaap gehuil het en vandag staan Hy gereed met 地 ystersaag om jou ysterbal rondom jou enkel los te sny. Hy wag net vir jou om jou seer aan Hom oor te gee.
In Hosea 11:4 vergelyk die profeet God met iemand wat die juk oplig wanneer dit 地 trekdier skaaf. En in Matteus 11:30 sê Jesus dat Sy juk sag is en dat Sy las lig is. Maar dit alles begin by jou wat jou sorge aan Hom moet oorgee sodat Hy jou juk van jou kan kom wegneem. Luister maar na die woorde van Psalm 55:23: "Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg." Ook in 1 Petrus 5: 7: "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."
Dina het die besluit geneem om elke seer uit haar verlede aan die Here oor te gee. Om dit vir haarself 地 groter werklikheid te maak, het sy besluit om 地 pak met helderkleurige ballonne te gaan koop en dit met helium te laat vul. Vandaar is sy na 地 brug in haar dorp. Vir verbygangers het die vrou op die brug met haar bondel ballonne in die hand gelyk na iemand wat op pad is na 地 verjaardagpartytjie.
Vir Dina het elke ballon egter 地 hartseer element uit haar verlede verteenwoordig: Verwerping. Teleurstelling. Skuldgevoelens. Vernedering. Minderwaardigheidskompleks. Ensovoorts. Terwyl die trane oor haar wange loop, het sy hardop met die Here gepraat. "Here, hier gee ek vir U my verwerping." Sy het dan die ballon se tou geknip en gekyk hoe dit in die lug in verdwyn - reguit na die Here toe. Dan die volgende een. En die volgende een. Vir Dina was hierdie 地 simboliese aksie om aan die Here te bewys dat sy haar bekommernisse regtig aan Hom, ons JUKVERWYDERAAR, oorgee en dat sy Hom vertrou vir 地 nuwe lewe. 地 Nuwe verjaarsdag! Dit is presies wat God vir Dina kom doen het. Vandag reis sy as 地 motiveringspreker rond terwyl sy haar verhaal van genesing met die wêreld deel.
Bertus aan die ander kant sleep steeds die swaar ysterbal met hom saam. Hy is wel weer getroud, maar dié keer speel sy vriende 地 belangriker rol in sy lewe as sy vrou omdat hy nooit weer so seer wil kry soos wat hy gekry het nie.
Ook jy staan vandag voor 地 keuse. Jy kan kies om jou bal-lonne te knip en jou hartseer aan God oor te gee. Of jy kan kies om die swaar ysterbal steeds saam te sleep. Kies vandag reg. Sterkte!
Vader God, dankie dat ek weet dat U my juk kan wegneem. Ek kies vandag om (wat jou juk ook al mag wees) aan U oor te gee. Help my om my krag in U te vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. * Skuilname is gebruik.
*(Benescke Botha. Sy is 地 vry-skutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasie-tydskrifte).

Indeks     Index