WAT VERWAG JESUS CHRISTUS DIE BRUIDEGOM VAN SY BRUID? | |
  |
1. JESUS CHRISTUS, DIE BRUIDEGOM, MOET DIE EERSTE EN ALLES IN ONS,
DIE BRUID, SE LEWENS WEES! Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam (JESUS, die Bruidegom) het gekom en Sy vrou (die Bruid) het haar gereed gemaak. En aan haar (die Bruid) is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges (Open-baring 19:7-8). Hy (JESUS) moet meer word, maar ek (die Bruid) minder (Joh. 3:30). 2. HAAR LIEFDE VIR HAAR BRUIDEGOM MOET EERLIK, OPREG EN ONGEVEINS WEES. Maar julle, geliefdes (die Bruid), moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus (die Bruidegom) tot die ewige lewe verwag (Judas 20-21). …sodat Hy (JESUS) die gemeente (die Bruid) voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, maar dat die (Bruid) heilig en sonder gebrek sou wees (Efesiërs 5:27). 3. DIE BRUID MOET ELKE DAG IN HAAR HELE LEWENSWANDEL HEILIG WEES. SY MOET DAAGLIKS HAAR SONDE BELY EN SY MOET MENSE VERGEWE EN VRY-SPREEK. Maar soos Hy (JESUS) wat julle geroep het, heilig is, moet julle (die Bruid) ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Petrus 1:15-16). As ons (die Bruid) ons sondes bely, Hy (JESUS) is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle onge-regtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is Sy woord nie in ons nie (1 Johannes 1:9-10). Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus (die Bruidegom) julle vergeef het, so moet julle (die Bruid) ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. (Kolossense 3:13-14). 4. DIE BRUID MOET NIE DEEL HÊ AAN DIE WÊRELD SE BEGEERTES NIE. SY MOET GEEN AFGODE IN HAAR LEWE HÊ NIE (TYD SPANDEER AAN TV-PROGRAMME, OF WÊRELDSE BOEKE OF TYDSKRIFTE WAT GEEN EWIGHEIDSWAARDE HET NIE). En mag Hy, die God van die vrede, julle (die Bruid) volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die weder-koms van onse Here Jesus Christus! (die Bruidegom) (1 Thessalonisense 5:23). My kinders, (Bruid) bewaar julleself van die afgode (1 Johannes 5:21). 5. DIE BRUID MOET IN AFWAGTING LEEF EN ELKE OOMBLIK HAAR BRUIDEGOM VERWAG. En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom (JESUS); gaan uit hom tegemoet! (Matteus 25:6). 6. DIE BRUID WORD VERMAAN OM GEREED TE WEES! Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons (die Bruid) om die goddeloosheid en wêreldse begeer-likhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, (die Bruidegom) wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as Sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie (Titus 2:11-15). 7. DIE BRUID MOET DIE VRUG VAN DIE HEILIGE GEES OPENBAAR. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing (Galasiërs 5:22). 8. DIE BRUID MOET WAKEND EN BIDDEND WEES. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle (die Bruid) waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens (die Bruidegom) te staan (Lukas 21:36). 9. WATTER DINGE MOET DIE BRUID ONTVLUG? Die oordele van God soos beskryf in die boek Openbaring! - Magdeleen van der Merwe van Vredefort |