KWAAI HONDE WEIER OM CHRISTEN-BEKEERLING AAN TE VAL



  Majed El Sjafie is 'n prokureur en was 'n invloedryke man in sy gemeenskap in Egipte. Toe hy 'n Christen word, is hy egter verbied om te praktiseer en is hy na die Abu Zaabel-tronk in Kaïro geneem, wat bekend staan as 'hel op aarde'.

Terwyl hy daar was, is hy gebrand, gesny, en aan 'n kruis vasgemaak. Nog 'n marteling wat hy in die gesig gestaar het, was om deur die tronkbewaarders se kwaai honde, wat hulle spesiaal vir hierdie doel ingebring het, verskeur te word. Maar, soos die Bybelse verhaal van Daniël in die Leeukuil, het die honde eenvou-dig naby El Shafie gaan lê sonder om hom aan te val. Die wagte het selfs weer ander honde ingebring, maar dieselfde het gebeur. "Hierdie honde is opgelei om na hulle afrigters te luister," het El Shafie gesê. "Maar daar is niemand met meer gesag as die Here Jesus Christus nie!"

El Shafie het met die hulp van vriende en Amnestie Internasionaal ontkom, en is nou 'n Kanadese burger en beywer hom om vervolgde Christene te help. "Vervolgde Christene is in 'n diep, donker nag. Maar hulle het nog steeds die Lig van die lewende God! Ons vyande het 'n baie sterk weermag, maar ons het die Here, die Almagtige! Hulle kan die dromer doodmaak, maar nie die droom nie."

www.christianheadlines.com

Indeks     Index