TYD SAAM MET JESUS... | |
![]() |
|
  |
As ons meer soos Jesus wil wees, moet ons dikwels alleen by Hom wees, sodat ons meer het om te bied wanneer ons by ander mense is. Afsondering gee ons 'n dieper begrip vir mense. Ons kan hulle met meer deernis hanteer, omdat ons eie bekommernisse meer op die agtergrond geskuif word en ons meer sensitief vir ander se behoeftes is. Wanneer ons onsself tydens afsondering aan God gee, kan ons onsself makliker aan ander gee. As jy nou vir jouself sê: "Dit maak sin, maar ek is te besig," dan sal ek daarop antwoord dat hoe besiger jy is, hoe meer stille afsondering het jy nodig! ['n Daaglikse Wandel - Selwyn Hughes] |