DIE GRONDSTORIE | |
  |
Die gewone, amper hulpelose vrae treiter my in die donker nagte. "Waar gaan ons kos kry?" "Wat gaan van die diere en landerye word?" "Waar gaan ons kinders kos kry?" "Wie gaan met wysheid saai en oes?" "Gaan daar oor 10 jaar nog skoon water in ons land wees?" "Gaan my kinders en kleinkinders nog gedurende skemertye vars plaaslug kan inasem terwyl hulle die skildery van 'n pragtige sonsondergang bewonder?" Nóg 100 vrae maal in my gemoed en wil-wil my emosies oorweldig. Maar... vir ongeveer 20 jaar sing ek sedig in die kerk: "Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie... NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig oor God my Redder!" As ek hierdie lied se woorde dan opreg bedoel, is dit nie juis in hierdie tyd dat my geloof getoets word nie? Elkeen van ons gaan tog alleen voor die Vader verskyn. Ek sal nie 'n vinger kan wys na iemand in die regering, 'n moordenaar of enige iemand anders nie. Daar gaan ek alleen staan, en ek smag daarna dat Hy sal sê: "Jy het my vertrou in elke moeilike omstandigheid, My kind; jy het ná elke worstelstryd en elke groot twyfelvraag in jou gemoed, teruggedraai en My wil gesoek." En daar waar ek soveel keer gefaal het, was en is daar genade in ons Verlosser, Jesus Christus, tot in ewigheid! My gebed vir hierdie land is nou:
- Marise van Rheede van Oudts-hoorn, 082 842 0338 |