Page 4 - Good News March 2017 paper
P. 4

DIE BYBELBOODSKAP


                                                                                             WORD UITBASUIN!


                                                                                     'n  Nuwe  projek  van  die  Blessed
                                                                                     Hope  Volle  Evangelie  Kerk  in
                                                                                     Steenberg bevorder nie net Bybel-
                                                                                     lees  onder  sy  lidmate  nie,  maar
                                                                                     help  terselfdertyd  om  geld  vir
                                                                                     Bybels in te samel.

                                                                                     Lede  van  die  Kerk  se  Reëlings-
                                                                                     komitee  onder  leiding  van  Gavin
                                                                                     Johnson het reeds in 2015 koppe
                                                                                     bymekaar  gesit  en  met  die  idee
                                                                                     vorendag  gekom  om  ononder-
                                                                                     broke  die  hele  Nuwe  Testament
                                                                                     voor te lees.

                                                                                     'n Leesskedule is opgestel en op     hele Nuwe Testament voorgelees
                                                                                     27  Junie  2015  om  15:00  is  die   is.  Ons  het  nie  'n  enkele  klagte
                                                                                     eerste vers van die boek Matteus
                                                                                     gelees.  Dit  het  regdeur  die  nag   gehad nie, selfs nie toe daar tot in
                                                                                     aangehou  en  om  09:15  die  vol-   die  vroeë  oggendure  gelees  is
                                                                                     gende oggend, net voor die begin     nie,” sê pastoor Mark Harris van
                                                                                     van die Oggenddiens, is die laaste   die gemeente.
                                                                                     paar reëls van Openbaring gelees.
                                                                                                                          In 2016 is die projek wéér aange-
                                                                                                                          pak  met  lesers  wat  kon  kies  of
                                                                                     Nie eers 'n kragonderbreking kon
                                                                                     die  projek  van  stryk  bring  nie.   hulle uit 'n Engelse of Afrikaanse
                                                                                                                          Bybel wou voorlees. Pastoor Mike
                                                                                     “Mense  het  die  ligte  van  hul    Roodt  van  die  Bybelgenootskap
                                                                                     selfone  en  kerse  gebruik  om      het by die 65 lidmate aangesluit
                                                                                     verder  te  lees.  Ons  het  luid-   om ook 'n gedeelte te lees.
                                                                                     sprekers op die balkon gehad wat
                                                                                     na die straat gedraai was en almal   In 2015 is ongeveer R15 000 met
                                                                                     in die buurt kon luister terwyl die
                                                                                                                          die  projek  geïn  en  verlede  jaar
                                                                                                                          was die mikpunt R30 000. Met die
                                                                                                                          “read-a-thon”  is  die  mikpunt
                                                                                                                          oorskry!

                                                                                                                          Blessed  Hope  wil  nou  meer  as
                                                                                                                          ooit sy deel doen om die Bybel-
                                                                                                                          genootskap te help om Bybels vir
                                                                                                                          mense  beskikbaar  te  stel.  “Ons
                                                                                                                          dank  God  wat  dit  moontlik
                                                                                                                          gemaak het om die bedrag in te
                                                                                                                          samel. Aan Hom alleen kom al die
                                                                                                                          lof toe,” sê pastoor Harris.
                                                                                              st. Mike Roodt (r egs) van  die
                                                                                                               dig 'n
                                                                                             Pa       tskap  oorhan ybel lesers.  [Die  Saaier,  Amptelike  blad  van
                                                                                             Bybelgenoo
                                                                                                          die B
                                                                                           medalje aan e en van           die  Bybelgenootskap  van  Suid-
                                                                                                                          Afrika, Herfs 2017, 021 910 8777].
   1   2   3   4   5   6   7   8   9