Page 8 - Good News September 2009 paper
P. 8

it het 21 jaar gelede gebeur. Tog, toe Bertus ’n
                 paar weke gelede sy verhaal vertel het, het hy
          Dgesit  en  huil  asof  dit  ’n  week  vantevore
          gebeur  het.  Sy  storie  was  een  wat  gevul  is  met
          teleurstelling,  verwerping  en  hartseer.  ’n  Storie
          waarin Bertus 21 jaar gelede vir 18 maande lank ’n
          babaseuntjie as sy eie grootgemaak het voordat sy
          vrou  hom  op  ’n  dag  oor  haar  buite-egtelike
          verhouding ingelig het - en dat die baba die ander
          man s’n is. Hulle is kort daarna geskei.
          Vir amper 50 jaar lank het Dina haar donker geheim
          in haar hart rondgedra. Ook haar storie is gevul met
          teleurstelling, verwerping en hartseer. As kind is sy
          deur ’n familielid gemolesteer en misbruik. Dit het
          haar  met  geweldige  skuldgevoelens  gelaat.  Die  gekyk hoe dit in die lug in verdwyn
          enigste ding wat met tyd beter geraak het, was Dina  - reguit na die Here toe. Dan die
          se vermoë om hierdie hartseer te onderdruk terwyl  volgende  een.  En  die  volgende
          sy daagliks daarmee saamgeleef het.                     een.  Vir  Dina  was  hierdie  ’n
          Twee  soortgelyke  stories  gevul  met  soortgelyke  simboliese aksie om aan die Here
          elemente.  Twee  mense  met  ontsaglik  baie  poten-    te bewys dat sy haar bekommer-
          siaal wat met verloop van tyd gewoond geraak het  nisse  regtig  aan  Hom,  ons
          aan die swaar ysterbal van hartseer wat hulle met  JUKVERWYDERAAR,  oorgee  en
          hulle saamsleep.                                        dat  sy  Hom  vertrou  vir  ’n  nuwe
          Dalk voel jy ook vandag soos Bertus of Dina omdat  lewe. ’n Nuwe verjaarsdag! Dit is
          jy ’n donker ysterbal van hartseer het wat jy met jou  presies  wat  God  vir  Dina  kom
          saamsleep.  Dalk  is  joune  ook  die  seer  van  ’n  doen  het.  Vandag  reis  sy  as  ’n
          ontroue lewensmaat uit jou verlede. Dalk dra jy net  motiveringspreker rond terwyl sy
          soos Dina ’n donker geheim binne-in jou hart wat jy  haar  verhaal  van  genesing  met
          nog nooit vir iemand kon vertel nie. Of dalk kan jy  die wêreld deel.
          jouself nie vergewe vir die verkeerde besluite wat jy  Bertus aan die ander kant sleep
          in jou verlede geneem het nie. Ek weet dit nie, maar  steeds  die  swaar  ysterbal  met
          God weet dit. Hy ken jou hartseer. Hy weet van elke  hom  saam.  Hy  is  wel  weer
          aand  wat  jy  jouself  aan  die  slaap  gehuil  het  en  getroud,  maar  dié  keer  speel  sy
          vandag staan Hy gereed met ’n ystersaag om jou  vriende  ’n  belangriker  rol  in  sy
          ysterbal rondom jou enkel los te sny. Hy wag net vir  lewe  as  sy  vrou  omdat  hy  nooit
          jou om jou seer aan Hom oor te gee.                     weer so seer wil kry soos wat hy
          In Hosea 11:4 vergelyk die profeet God met iemand  gekry het nie.
          wat die juk oplig wanneer dit ’n trekdier skaaf. En in  Ook  jy  staan  vandag  voor  ’n
          Matteus 11:30 sê Jesus dat Sy juk sag is en dat Sy  keuse.  Jy  kan  kies  om  jou  bal-
          las lig is. Maar dit alles begin by jou wat jou sorge  lonne te knip en jou hartseer aan
          aan Hom moet oorgee sodat Hy jou juk van jou kan  God oor te gee. Of jy kan kies om
          kom  wegneem.  Luister  maar  na  die  woorde  van  die swaar ysterbal steeds saam te
          Psalm 55:23: “Laat jou sorge aan die Here oor, Hy  sleep. Kies vandag reg. Sterkte!
          sal vir jou sorg.” Ook in 1 Petrus 5: 7: “Werp al julle  Vader God, dankie dat ek weet dat
          bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”          U my juk kan wegneem. Ek kies
          Dina het die besluit geneem om elke seer uit haar  vandag om (wat jou juk ook al mag
          verlede aan die Here oor te gee. Om dit vir haarself  wees) aan U oor te gee. Help my
          ’n groter werklikheid te maak, het sy besluit om ’n  om my krag in U te vind. Ek vra dit
          pak met helderkleurige ballonne te gaan koop en dit  in die Naam van Jesus Christus.
          met helium te laat vul. Vandaar is sy na ’n brug in  Amen.
          haar dorp. Vir verbygangers het die vrou op die brug  * Skuilname is gebruik.
          met  haar  bondel  ballonne  in  die  hand  gelyk  na  *(Benescke  Botha.  Sy  is  ’n  vry-
          iemand wat op pad is na ’n verjaardagpartytjie.         skutskrywer vir verskeie geeste-
          Vir Dina het elke ballon egter ’n hartseer element uit  like en inspirasie-tydskrifte).
          haar  verlede  verteenwoordig:  Verwerping.
          Teleurstelling.  Skuldgevoelens.  Vernedering.
          Minderwaardigheidskompleks. Ensovoorts. Terwyl
          die trane oor haar wange loop, het sy hardop met die
          Here  gepraat.  “Here,  hier  gee  ek  vir  U  my
          verwerping.” Sy het dan die ballon se tou geknip en

            Dankie vir Swaarkry
            Dankie vir Swaarkry

           “God beproef ’n mens nooit tot breekpunt nie. Net
           tot groeipunt” (Anoniem).
           2 Kor. 1:3-4: God is die Vader wat Hom ontferm en
           wat  in  elke  omstandigheid  moed  gee.  In  elke
           moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons
           ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede
           verkeer.  Ons  kan  hulle  bemoedig  met  dieselfde
           bemoediging waarmee God ons bemoedig.
           Kry  jy  swaar?  God  is  nie  besig  om  jou  sleg  te
           behandel nie. God versoek nie mense nie en stuur
           nie die kwaad nie.
           God  is  egter  magtig  om  die  versoekings  en
           swaarkry  in  ons  lewe  om  te  draai  sodat  ons
           daardeur  kan  groei.  Hoor  mooi.  Hy  het  jou
           oneindig lief. Juis daarom sal Hy nooit toelaat dat
           jy breekpunt bereik nie. Hou dus jou oog op Hom.
           Vra Hom om jou te help om sin te maak van hierdie
           swaarkry. Só sal jy groei.
           [Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM, 2004].
   3   4   5   6   7   8   9