Page 6 - Good News April 2009 paper
P. 6

OM “JA” TE SÊ OP GOD SE ROEPSTEM!



                 iskien sal u Jaap en Linda Human herken (sien    deeglike  voorbereiding  vir  die
                 foto),  ?  egpaar  wat  al  diep  spore  in      nuwe bediening nodig is.
          MPotchefstroom getrap het. September verlede            Die NG Kerk Miederpark het hulle
          jaar  het  die  twee  besluit  om  die  laaste  deel  van  hul   as  sendelinge  aanvaar  en  is
          “afgetrede” lewe as sendelinge vir die Here te gaan     verantwoordelik  vir  hul  voortge-
          werk.  Sedertdien  het  daar  reeds  baie  voorbereiding   sette  opleiding.  Linda  word  ook
          gevolg.                                                 pragtig  ondersteun  deur  die
          Linda is alombekend as die “Tannie by Garden Pavilion   Gereformeerde  Gemeente  Potch-
          Kwekery in Paryslaan, Potchefstroom.” Jaap was jare     Oos (Oos-doppers) waar sy al jare
          lank in die militêre lewe. Hy het in Potch as “gunner”   lank lidmaat is. Jaap en Linda het
          begin, sy loopbaan in Pretoria, Walvisbaai en later op   reeds  verskeie  kursusse  gedoen.
          die grens by Rundu voortgesit. Aan die einde van sy     Een van die interessante stukkies
          loopbaan,  weer  in  Pretoria,  het  hy  uitgetree  as   toerusting  wat  hulle  moes  deur-
          luitenant-kolonel. Na sy aftrede was hy ? grasbaan-     loop, was die kruiskulturele oplei-
          bestuurder by verskeie gholfbane en daarna het hy sy    ding wat hulle aan die begin van die
          swaer uitgehelp as voorman op die bouterrein.           jaar by dr. Ryk van Velden deurloop
         Jaap lag lekker terwyl hy gesels. Hy weet mense wat      het.  Hulle  kan  nie  uitgepraat  raak
         hom  vroeërjare  geken  het,  sal  nie  kan  glo  dat  hy   oor die gasvryheid wat hulle beleef               Linda en Jaap Human
         sendingwerk wil gaan doen nie! Toe was hy kort van       het toe hulle elkeen afsonderlik in
         draad en lekker nukkerig. Vandat hy egter die Here as    Ikageng  by  verskillende  gashere   Angola te gaan. Hierdie blootstelling is ? verdere deel
         Verlosser aangeneem het, is hy 'n ANDER mens. Die        moes gaan oorslaap nie. Hulle het    van hul voorbereiding vir hul nuwe roeping.
         liefde en vrede van Jesus straal uit hom uit.            met  ander  oë  begin  kyk  na  die   Wat die egpaar egter nou nodig het, is die gebede en
         Ek het vir Linda gevra: “Waarom wil julle sendingwerk    mense rondom hulle.                  ondersteuning van hul vriende. Jaap en Linda besef
         gaan  doen?”  Haar  antwoord  was:  “Ek  kan  nie  die   Jaap  en  Linda  is  albei  praktiese   dat hulle nie kan waag om sendingveld toe te gaan as
         Evangelie vir myself hou nie. Ek moet dit gaan deel,     mense.  Sy  is  lief  vir  plante  en   hulle  nie  die  nodige  gebedsondersteuning  ontvang
         anders is ek selfsugtig! Ek het ? rustige lewe gehad en   tuinbou,  en  Jaap  het  baie  bou-   nie. Hulle wil graag soveel voorbidders moontlik werf.
         wil ander nou help ophef.”                               ervaring en is ? nutsman wat kan     As  u  bereid  is  om  vir  hulle  te  bid  en  graag  hul
         As jy met die tweetjies gesels, kom jy agter dat hulle die   raakvat. Jaap het reeds die Veritas   Gebedsbrief wil ontvang, of dalk die foto herken en
         Here werklik baie liefhet. Dat geen opoffering vir hulle   Bybelskool  Kursusmateriaal  en    weer met hulle kontak wil maak, kan u gerus skakel.
         te groot is nie. Hulle het geen erg aan aardse besittings   EE3 deurloop, en is nou ook besig   (Jaap se selno. is 082 679 6562 of Linda s'n is 083 621
         nie, en wil graag hierdie Sendingpad in eenvoud en       met verdere opleiding. Beide Linda   5500).
         geloof loop. Aanvanklik het hulle gedink dit is sommer   en Jaap beplan om DV gedurende       U kan ook u e-posadres en selfoonnommer stuur na
         maklik  om  “sendeling”  te  word.  Algaande  het  hulle   April 2009 saam met ? uitreikspan   sending@ngkmiederpark.co.za  met  die  versoek  om
         egter  geleer  dat  daar  heelwat  “slaggate”  is  en  dat   van  Miederpark  na  die  Suide  van   Jaap en Linda se Gebedsbrief te ontvang.

           GAAN VERTEL DAT JESUS LEWE!




               im Elliot was ? sendeling wat gesterf het   mense met God en met mekaar te versoen.         Watter  persoon  wat  daar  ver  kruiskultureel  uitreik
               terwyl  hy  die  Evangelie  na  die  Inka-  Om  God  te  aanbid  en  met  ons  lewens  te   waar jy nie kan kom nie, ondersteun jy  finansieel en in
          JIndiane  van  Ecuador  geneem  het.  Hy      verheerlik. Hierdie nuwe lewe kan alleen in    gebed?
          skryf:  “He  is  no  fool  who  gives  what  he   die krag van die Heilige Gees gelewe word.  [Artikel deur ds. Willem Louw, 082 340 7549].
          cannot keep, to gain what he cannot lose.”    Hierdie nuwe lewe kan in die markplein (elke
          Wanneer  iemand  Jesus  Christus  as  dag by die werk), in ons huise, binne die kerk,
          Verlosser  aangeneem  het  en  Sy  majesteit   en tot aan die uithoeke van die wêreld gelééf
          aanskou, is dit ? natuurlike reaksie om Hom   word! Sommige sal kruiskultureel na ander
          uit dankbaarheid as dissipel te volg. Dit is nie   nasies uitreik (binne hul eie werk en beroep),
          ?  heldedaad  nie,  dit  is  ook  nie  ?  spesiale   maar  ander  sal  ook  doelbewus  na  ander
          lewenstyl nie. Dit is die normale Christelike   lande en volke reis om dáár die nuwe lewe uit
          lewe! Daar is géén groter vreugde as om in ?   te  leef.  Sommige  sal  ekstra  geld  en
          innige verhouding met God te wandel en die    hulpmiddels gee om die wat ver moet reis, te
          doel waarvoor Hy ons geskep het, te vervul    bemagtig om nog verder te gaan. Ander sal,
          nie!                                          terwyl hulle tuis die nuwe leefstyl leef, ook
          Paulus skryf in Gal. 2:20 - “Ek is saam met   bid vir die wat ver gaan arbei.
          Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek   Hoewel  die  Kerk  in  sommige  wêrelddele
          wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.   vinnig  uitbrei,  is  hierdie  opdrag  om  as
          Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in   gestuurdes  te  leef,  vandag  nie  minder
          die geloof in die Seun van God, wat Sy liefde   belangrik nie. Inteendeel, die wat nog nooit
         vir my bewys het deur Sy lewe vir my af te lê.”  van  Jesus  gehoor  het  nie,  verminder  nie,
         Daar is verskillende maniere waarop ons die    want die wêreldbevolking brei elke dag snel
         Evangelie kan uitdra. Om die Evangelie uit te   uit.  Groot  dele  van  die  wêreld  bly  vandag
         dra,  is  nie  gereserveer  vir  ?  klein  groepie   steeds onbereik. Hierdie dele van die wêreld
         spesiale mense soos predikante, sendelinge,    het  kruiskulturele  sendelinge  nodig,  wat
         ouderlinge of ander geestelike leiers nie. Dit   bereid is om ander volke se taal en kultuur
         is die hele Kerk (almal) wat die hele Evangelie   aan te leer en baie op te offer om die liefde van
         na die hele wêreld (nie net die naby en maklik   Jesus ook daar te gaan leef. In ander dele van
         bereikbare nie), moet neem (Rom.10:12-15).     die wêreld soos Europa, het die Kerk ophou
         Christene is dus almal gestuurdes. God het     bestaan, omdat die Kerk ophou leef het soos
         ons van die begin af gered en met die Heilige   ware dissipels. Daarheen sal ons ook wéér
         Gees  toegerus  om  as  gestuurdes  die        moet gaan.
         Evangelie uit te dra na elkeen wat dit nog nie   Die uitdaging is om vandag nie net kopkennis
         genoegsaam  gehoor  het  om  ?  ingeligte      van  die  Bybel  te  hê  nie,  maar  waarlik  in  ?
         besluit te neem nie. Die sendingtema is die    liefdesverhouding  met  God  te  leef  en  die
         hoofboodskap van die Bybel en loop van die     Christelike waardes en leefstyl van Jesus af
         eerste  boek  van  die  Bybel,  regdeur  tot  die   te vryf op diegene wat saam met ons werk en
         laaste  hoofstuk  (Noag,  Abraham,  Isak  en   saam met ons woon. In ons gedrag en in ons
         Jakob,  die  uittog  uit  Egipte,  Jesus,  die   optrede moet die omgee-liefde van Christus
         dissipels).                                    sigbaar  word.  Die  roeping  om  dissipels  te
         Die  opgestane  Jesus  het  die  opdrag        wees,  is  ook  die  roeping  om  vissers  van
         oorgedra aan elke gelowige. Ons roeping is     mense te wees.
         om as gestuurde dissipels te lewe, oral waar   Dink vir een oomblik na:
         God ons plaas. Die boodskap van die kruis is      Wat is jou betrokkenheid in die uitdra van
         lewensveranderend. Sending is baie meer as     hierdie  Paasfees-boodskap?    Met  wie  is  jy
         net die redding van mense. Dit is om nuut te   tans besig om ? pad van omgee-liefde te loop
         lewe,  om  gemeenskappe  en  families  te      deur  jou  Christelike  waardes  prakties  te
         transformeer na die Beeld van Christus. Om     demonstreer en in liefde oor te dra?
                                Hierdie bladsy se inhoud is voorsien en geborg deur NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
   1   2   3   4   5   6   7   8   9