Page 5 - Good News April 2017 paper
P. 5

L
                                                   Lig in die Donker...ig in die Donker...





                                                   Soos die môreson sal Hy opgaan
                                                   en uit die hoogte op ons afstraal,
                                                   om lig te bring aan dié wat in
                                                   duisternis en in die skaduwee van
                                                   die dood lewe, om ons voetstappe
                                                   te rig op die pad van vrede.
                                                   - Lukas 1:78, 79 NV

                                                   Toe Jesus in Betlehem gebore word, skyn daar 'n hemelse lig
                                                   oor die velde van Efrata en 'n engel bring 'n vreugdeboodskap
                                                   aan 'n klompie bang skaapwagters. Met Jesus se koms word die
                                                   sondedonkerwêreld LIG - omdat die Lig van die wêreld gekom
                                                   het!

                                                   Daar is één groot verskil waaraan Christene en nie-Christene
                                                   uitgeken kan word: As die lewe met sy donker kant na hulle toe
                                                   staan, is dit 'n onweerlegbare feit dat die Christene ten spyte
                                                   van hulle haglike omstandighede dit steeds kan regkry om vol
                                                   blydskap te wees - omdat hulle Jesus se lig in hulle lewe het.
                                                   Martin Luther King skryf: “Laat kom net wat wil. God is magtig!
                                                   As ons dae troebel word en ons nagte duisterder as 'n duisend
                                                   middernagte,  mag  ons  steeds  daaraan  dink  dat  daar  in  die
                                                   wêreld 'n groot seënende krag is: GOD! God kan 'n pad maak
                                                   waar ons geen pad kan sien nie, Hy wil die donker gister in 'n
                                                   helder môre verander - uiteindelik in die stralende môre van die
                                                   ewigheid.”

                                                   Onthou dus wanneer dit weer donker om jou word: God is by
                                                   jou; Hy wil vir jou LIG wees; Hy sal jou donkerte weer in LIG
                                                   verander. Meer nog, deur Sy Heilige Gees wóón God in jou en
                                                   word  jy  self  'n  lig  vir  die  wêreld.  En  eendag  wanneer  die
                                                   stralende môre van die ewigheid vir jou aangebreek het, sal
                                                   daar nóóit weer swaarkry of seerkry wees nie!

                                                   [Uit: Vonkelvreugde, Nina Smit, Carpe Diem Media, 2008]
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10